Leeus hou a­sem op oor El­ton

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han­nes­burg. – Die Leeus hou nog a­sem op oor die be­skik­baar­heid van hul voor­slag-los­ska­kel El­ton Jan­tjies vir Sa­ter­dag­aand se Su­per­stryd hier op El­lis­park teen die Blu­es.

Jan­tjies, wat ’n knie­be­se­ring in die ne­der­laag teen die Hur­ri­ca­nes op­ge­doen het, moet Don­der­dag ’n fiks­heids­toets slaag voor­dat hy die groen lig sal kry om die Blu­es te pak.

In­dien hy nie sy wed­loop teen tyd wen nie, sal die af­rig­ter, Jo­han Ac­ker­mann, deeg­lik moet be­sin oor wie uit­ein­de­lik die nr. 10-trui sal dra.

Daar is ver­skeie op­sies wat Ac­ker­mann en sy af­rig­ting­span dan kan oor­weeg.

Die een kan wees om Ja­co van der Walt van heel­ag­ter na los­ska­kel te skuif en JW Bell in die nr. 15-trui te ver­trou.

Nóg ’n moont­lik­heid is om Ru­an Com­brinck te skuif van vleu­el na heel­ag­ter, ’n po­si­sie waar­mee hy goed ver­troud is.

In so ’n ge­val kan Li­o­nel Ma­poe dan van sen­ter na vleu­el skuif, met Ro­han Jan­se van Rens­burg langs Ho­ward M­ni­si in die mid­del­veld.

Die i­dee om Com­brinck ’n kans op heel­ag­ter te gee, kan selfs vir die S­pring­bok-af­rig­ter, Al­lis­ter Coet­zee, s­tof tot na­den­ke gee.

Com­brinck is van­jaar skit­te­rend op reg­ter­vleu­el en moet met sy hui­di­ge spel­peil die eer­ste keu­se vir die Bok­ke se nr. 14-trui wees.

Dit be­hoort in­sig­ge­wend te wees om te sien hoe hy vaar in die laas­te ves­ting, waar hy meer ruim­te sal hê om teen­stan­ders met sy spoed en ver­nie­ti­gen­de aan­vals­werk te oor­rom­pel.

Sy skop­skoen is ook glad nie te ver­smaai nie en hy sal ge­wis ’n veel be­ter tak­tie­se skop­per as die Haaie se Wil­lie le Roux wees.

Of die Leeus se af­rig­ting­span eg­ter so ’n dras­tie­se stap sal oor­weeg soos om Com­brinck te skuif van die po­si­sie waar hy so tuis is, is te be­twy­fel.

Die an­der op­sie wat daar is, is om vir Mar­nitz Bos­hoff as los­ska­kel in te span en Van der Walt op heel­ag­ter te be­hou.

Bos­hoff het eg­ter reeds aan­ge­dui dat hy sy rug­by­loop­baan by die Ier­se klub Con­nacht gaan voort­sit wan­neer sy kon­trak la­ter van­jaar by die Leeus ver­stryk.

Dit kan Ac­ker­mann-hul­le dalk eer­der laat be­sluit om te be­lê in ie­mand wat in die toe­koms nog lo­ja­li­teit aan hul­le gaan toon.

Al hier­die moont­li­ke op­sies sal eg­ter soos mis voor die son ver­dwyn in­dien Jan­tjies ge­reed is om die Blu­es aan te durf.

Die Leeus se af­rig­ters sal hoop dit is wel die ge­val.

Met sa­ke wat teen die Hur­ri­ca­nes nie te voor­spoe­dig ver­loop het in die skrums nie, is dit vir die Leeus ver­bly­den­de nuus dat hul voor­ste vas­kop, Ju­li­an Re­de­ling­huys, weer fiks is om oor­weeg te word, as­ook die ha­ker Mal­colm Marx.

Dié twee be­hoort in die be­gin­span te wees wat Sa­ter­dag­aand op die veld draf.

) Die Bok-af­rig­ter, Coet­zee, het gis­ter be­soek af­ge­lê by die Jo­han­nes­burg-sta­di­on.

Hoe­wel ’n slui­er van ge­heim­hou­ding oor sy be­soek ge­trek is en geen in­lig­ting daar­oor ge­gee is nie, is die ver­on­der­stel­ling dat hy waar­de­vol­le tyd saam met die Leeus en hul aan­spraak­ma­kers op die Bok-trui deur­ge­bring het.

Net om te weet die S­pring­bok-af­rig­ter neem van hul­le ken­nis en kom­mu­ni­keer met hul­le, moet al klaar ge­rus­stel­lend vir die Leeus wees.

Fo­to: DEAAN VIVIER

El­ton Jan­tjies

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.