Vic­tor Mat­field draf vir ou­laas uit

Beeld - - Sport - – S­port24

Die le­gen­da­rie­se S­pring­bok-slot Vic­tor Mat­field het Sa­ter­dag in sy laas­te wed­stryd vir die En­gel­se klub Northamp­ton Saints uit­ge­draf.

Northamp­ton het met 28-20 in die Kings­holm-sta­di­on oor Glou­ces­ter ge­se­ë­vier.

Mat­field, wat mô­re 39 word, het hom by Saints aan­ge­sluit ná ver­le­de jaar se Wê­reld­be­ker-rug­by­toer­nooi.

Hy het meest­al van die bank af vir Northamp­ton op­ge­draf en is Sa­ter­dag vir die laas­te 22 mi­nu­te op­ge­stuur.

“Ek het ná die wed­stryd met Vic­tor ge­praat. Hy was ’n fan­tas­tie­se spe­ler. Hy het nie hier­heen ge­kom net om te speel nie, maar om deel van die groep te wees. Hy het ’n mas­sie­we rol ver­tolk,” het Jim Mal­lin­der, Northamp­ton se di­rek­teur van rug­by, aan The Gu­ar­di­an ge­sê.

Mat­field het die S­pring­bok­ke tus­sen 2001 en en 2015 in 127 toet­se ver­teen­woor­dig.

Hy het sy ste­wels ná die WB­toer­nooi van 2011 op­ge­hang, maar in 2014 na die rug­by­veld te­rug­ge­keer.

Northamp­ton het die sei­soen in die vyf­de plek op die A­vi­vapre­mier­liga se pun­te­leer af­ge­sluit en ge­kwa­li­fi­seer om aan­staan­de jaar in die Eu­ro­pe­se Kam­pi­oen­skaps­be­ker-reeks te speel.

Fo­to: T­WIT­TER

Vic­tor Mat­field groet ’n Saint­s­on­der­steu­ner.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.