Vrae oor KSA aan­kon­di­ging uit­stel

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Bloem­fon­tein. – Die be­kend­stel­ling waar K­rie­ket Suid­A­fri­ka (KSA) ’n splin­ter­nu­we borg­skap vir die Pro­te­as sou aan­kon­dig is gis­ter op die nip­per­tjie ge­kan­sel­leer.

Se­ke­re sleu­tel­pun­te wat nog be­spre­king verg, is vol­gens ’n woord­voer­der van KSA die re­de waar­om dit nie plaas­ge­vind het nie.

KSA het die me­dia Woens­dag reeds in ken­nis ge­stel van die aan­kon­di­ging wat gis­ter om 11:00 by die Wan­de­rers in Jo­han­nes­burg sou plaas­vind.

Die me­dia is Son­dag in ’n twee­de e­pos op­nuut her­in­ner aan die groot aan­kon­di­ging, wat ’n en­ke­le borg­skap vir al d­rie na­si­o­na­le span­ne – die toets­, een­dag­ en T20­span – be­hels.

Son­dag­aand op KSA se ge­sels­groep (W­hat­sApp) is ook ge­sê ver­skeie Pro­te­as sal dit by­woon.

Gis­ter­og­gend het KSA laat weet die aan­kon­di­ging sal nou op ’n la­te­re da­tum plaas­vind.

Van die Pro­te­as wat van el­ders af in­ge­vlieg is vir die ge­leent­heid is met hul aan­koms laat weet dit gaan nie meer voort nie en is op la­te­re vlug­te huis toe ge­stuur.

K­waad­wil­li­ge ge­rug­te het die ron­de ge­doen dat Fi­ki­le M­ba­lu­la, die sport­mi­nis­ter, se on­lang­se aan­kon­di­ging oor trans­for­ma­sie in ’n paar sport­soor­te, waar­on­der k­rie­ket, dalk iets daar­mee te doen kan hê.

’n Woord­voer­der van KSA het ge­sê hy het nog niks van dié aard ge­hoor nie en daar­op ge­wys dat daar se­ke­re pun­te in die oor­een­koms is wat ver­der be­spreek moes word.

Al­les dui daar­op die nu­we hoof­borg is S­tan­dard Bank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.