Leeus, Griekwas gou in een kamp?

Beeld - - Sport - – Ti­nus van S­ta­den

Na ver­neem kan Griekwas eers­daags ’n ven­noot­skap met die Goue Leeus sluit.

Dis soort­ge­lyk aan die nu­we oor­een­koms tus­sen die Bo­land en die Blou Bul­le waar­oor on­langs be­rig is.

Die Suid­A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie be­loof glo groot fi­nan­si­ë­le voor­de­le vir fran­chi­ses wat sul­ke ven­noot­skap­pe aan­gaan.

Be­ne­wens die ven­noot­skap tus­sen die Bo­land en die Bul­le, is dit ook reeds be­kend dat die Suid­ wes­te­li­ke Dis­trik­te­A­ren­de en die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie vo­ren­toe gaan saam­werk.

Voorts het Ro­ry Dun­can, die C­hee­tahs se di­rek­teur van rug­by, be­ves­tig die Vry­staat het ’n ven­noot­skap met die G­rif­fons van Noord­Vry­staat ge­sluit.

“Die be­lang­rik­ste as­pek van dié oor­een­koms is die uit­ruil van spe­lers,” het Dun­can ge­sê.

“Ons stel spe­lers wat nie in ons 23­tal is nie be­skik­baar vir die G­rif­fons.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.