Mei­sie be­drieg ker­ke uit dui­sen­de

Beeld - - Front Page - Tar­ren­Lee Ha­bel­gaarn

’n Jong vrou het gis­ter er­ken sy het al op 17-ja­ri­ge ou­der­dom be­gin om geld uit men­se te swen­del met haar ver­sin­sel dat dit ge­bruik word vir kin­ders wat uit ’n sa­ta­nie­se net­werk ge­red is.

Lui­dens die klag­staat het Le­o­ne S­teyn (22) ker­ke en hul lid­ma­te al uit so­wat R290 000 en on­der meer kos en kle­re ter waar­de van R300 000 be­drieg. Sy het in 2010 daar­mee be­gin.

Sy het ook min­stens 55 vals kin­der­pro­fie­le ge­skep waar­mee sy op die aan­lyn­diens Mo­bieG aan­ge­meld het. Sy het dan voor­ge­gee sy was ’n slag­of­fer van sa­ta­nis­te en ’n tra­gie­se ver­haal ver­tel waar­mee sy sim­pa­tie van aan­lyn­be­ra­ders pro­beer kry het.

Mo­bieG het lid­ma­te van die NG kerk Qu­el­le­ri­na in Roo­de­poort sken­kings ge­vra en an­der ker­ke is glo ook be­trek, het IOL be­rig.

S­teyn het men­se daar­van oor­tuig dat die kin­ders in ’n ge­hei­me plek ge­hou word na­dat hul­le van die sa­ta­nie­se por­no­gra­fie­net­werk ge­red is.

Om meer geld te kry, het S­teyn oor die ja­re heen hart­seer sto­ries oor self­dood in die vei­li­ge be­wa­rings­plek ver­sin.

Ná ’n twee jaar lan­ge on­der­soek is sy in Ja­nu­a­rie in heg­te­nis ge­neem. Sy is op borg­tog vry­ge­laat en in A­pril weer in heg­te­nis ge­neem.

By haar hof­ver­sky­ning in A­pril het haar regs­ver­teen­woor­di­ger, Qu­en­tin van Huÿs­steen, ge­vra dat sy siel­kun­dig ge­ë­va­lu­eer word na­dat een van die kla­ers haar gees­tes­ge­sond­heid be­vraag­te­ken het. Hy sê sy kry nou siel­kun­di­ge be­ra­ding.

Ge­tui­e­nis ter straf­ver­swa­ring en -ver­sag­ting word op 26 Mei aan­ge­hoor.

Le­o­ne S­teyn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.