2 wat wóú stroop, kry elk 21 jaar tronk­straf

Beeld - - Front Page - – Buks Vil­joen

Die na­tuur kan hom­self nie be­skerm nie. Men­se moet dit doen. Hy is een van daar­die men­se.

So het land­dros Ge­or­ge Ri­si­ma­ti ge­sê toe hy twee Mo­sam­bie­kers Vry­dag elk tot 21 jaar en ses maan­de tronk­straf ge­von­nis het om­dat hul­le voor­ne­mens was om in die Kru­ger­wild­tuin te stroop.

Veld­wag­ters het die twee, Art­hur Mas­he­le (36) en E­nock Md­lo­vu (21), in Fe­bru­a­rie in die S­tols­nek-ge­bied na­by P­re­to­ri­us­kop aan­ge­keer.

Die hof in Bos­bok­rand het ge­hoor dat veld­wag­ters dié dag drie stel­le voet­spo­re in die veld ge­vind het. Die veld­wag­ters het by­na die he­le dag op die spo­re ag­ter die ver­dag­tes aan­ge­hard­loop.

In ’n sta­di­um is die wild­tuin se speur­hon­de in­ge­roep. Laat­mid­dag het die veld­wag­ters drie men­se na­by On­der-Sa­bie op­ge­spoor.

Een het in ’n vlak­vark­gat ge- skuil. Die veld­wag­ters het hom uit­ge­haal.

Een het ’n .375-ka­li­ber-jag­ge­weer op die veld­wag­ters ge­rig.

Hy is oor­rom­pel voor­dat hy kon skiet. Die stro­pers het ook ’n rug­sak met kos, wa­ter en ’n byl by hul­le ge­had.

Mas­he­le en Md­lo­vu het in hul pleit­ver­dui­de­li­king ge­sê hul­le was in die wild­tuin om te jag, maar wou nie er­ken dat hul­le ’n re­nos­ter wou stroop nie.

Adv. An­sie Ven­ter, vir die staat, het aan­ge­voer die ka­li­ber jag­ge­weer wat die stro­pers ge­had het, word ge­woon­lik ge­bruik om o­li­fan­te en re­nos­ters te jag.

Sy het ook ge­sê die byl is te­ke­nend van re­nos­ter­stro­pers se toe­rus­ting om re­nos­ter­ho­rings mee af te kap.

Die von­nis­se moet aan­een­lo­pend uit­ge­dien word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.