Ma op 70!

Beeld - - Front Page - – AFP

Nieu-Del­hi. – ’n 70-ja­ri­ge In­die­se vrou het ge­boor­te ge­gee aan haar eer­ste­ling, ’n seun­tjie.

Dal­jin­der Kaur het gis­ter ge­sê haar le­we is nou vol­maak.

Kaur het ver­le­de maand ge­boor­te ge­gee na­dat sy twee jaar lank kuns­ma­ti­ge be­vrug­ting on­der­gaan het.

Sy het hier­die be­han­de­ling saam met haar 79-ja­ri­ge man in ’n vrug­baar­heids­kli­niek in die deel­staat Ha­ry­a­na ge­kry.

Kaur en haar man, wat al 46 jaar ge­troud is, het by­na al­le hoop laat vaar dat hul­le een­dag kin­ders van hul eie sal hê.

“My le­we voel vol­maak. Ek kyk self na my kind en ek voel vol e­ner­gie,” het Kaur ge­sê.

“Ons het die ad­ver­ten­sie vir kuns­ma­ti­ge be­vrug­ting ge­sien en ge­dink dat ons dit dalk moet pro­beer. Ek wou baie graag ’n ba­ba hê.”

Die paar­tjie se eie ei­ers en sperm is ge­bruik. Vol­gens die vrug­baar­heids­kli­niek is die ba­ba “ge­luk­kig en ge­sond” na­dat hy net 2 kg by ge­boor­te ge­weeg het.

A­nurag Bishnoi, wat in be­heer van die kli­niek is, sê hy wou die si­tu­a­sie eers ver­my.

“Maar ons het toet­se op haar ge­doen en die uit­slag het ge­toon dat sy die ba­ba wel sal kan hê.”

Die ba­ba­seun­tjie, Ar­maan, is op 19 A­pril ge­bo­re.

Mo­hin­der Singh Gill, Kaur se man, wat bui­te Am­ritsar boer, sê dat hul ou­der­dom hom glad nie pla nie en dat God na hul kind sal kyk.

“Men­se wil ge­reeld weet wat met die kind sal ge­beur wan­neer ons dood­gaan. Maar ek ves­tig my ver­troue in God. God is al­we­tend en al­om­teen­woor­dig. Hy sal voor­sie­ning maak,” het Gill ge­sê.

Fo­to: AFP

Mo­hin­der Singh Gill en sy vrou, Dal­jin­der Kaur, en hul pas­ge­bo­re ba­ba in die na­si­o­na­le vrug­baar­heids­kli­niek in Hi­s­ar, In­dië. Sy sê haar le­we is nou vol­maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.