Kel­ne­rin in tra­ne: Dit was nie op haar ge­mik – ak­ti­vis

Beeld - - Nuus - Nom­bu­le­lo Ma­ny­a­na

Die voor­val by die Obz Café in Ob­ser­va­to­ry, Kaap­stad, waar­in twee ak­ti­vis­te ’n kel­ne­rin tot tra­ne ge­dryf het, was ’n po­li­tie­ke daad en be­doel om “die nor­ma­le or­de van sa­ke” te ont­wrig. Dit was nie op haar ge­mik nie.

So sê Ntokozo Qwabe, lei­er van die #R­ho­desMus­tFall-be­we­ging aan die U­ni­ver­si­teit van Ox­ford in En­ge­land.

Hy en die trans­gen­der-ak­ti­vis Wan­di­le Dla­mi­ni het ge­wei­er om Ashleigh S­chultz, die kel­ne­rin, ’n fooi­tjie te gee.

Op die re­ke­ning was ge­skryf: “We will gi­ve tip w­hen you re­turn the land.”

Qwabe sê hy en Dla­mi­ni was be­sig om sy na­vor­sing te be­spreek oor wat dit be­te­ken om as ’n swart mens te be­staan. Dla­mi­ni het toe die woor­de op die re­ke­ning ge­skryf.

Hy sê hy on­der­steun die bood­skap ten vol­le.

Eer­gis­ter het hy in Jo­han­nes- burg ge­sê hy meen die me­dia voer die “tip­ga­te”-sa­ge te ver.

Vol­gens hom het dit nie oor die kel­ne­rin ge­gaan nie, maar was dit be­doel as “ont­wrig­ting van die nor­ma­le or­de van sa­ke”.

As ak­ti­vis­te is hul­le moeg om hul op­tre­de te ver­dui­de­lik. Hier gaan dit om iets gro­ters as bloot die woor­de op die re­ke­ning.

“Ek dink baie van ons het die punt be­reik waar ons ons en ons op­tre­de nie wil ver­dui­de­lik nie. Dis drei­ne­rend.

“Wan­neer men­se pro­tes op kam­pus­se aan­te­ken, voel wit men­se húl­le word aan­ge­val, selfs wan­neer dit dui­de­lik ge­stel is dat dit nie op hul­le ge­mik is nie.”

Qwabe sê die voor­val was deel van ’n gro­ter prent­jie en dit so ge­sien moet word.

Ek dink baie van ons het die punt be­reik waar ons ons en ons op­tre­de nie wil ver­dui­de­lik nie. Dis drei­ne­rend. — NTOKOZO QWABE

Fo­to: CORNÉL VAN HEERDEN

Ntokozo Qwabe, lei­er van die #R­ho­desMus­tFall­be­we­ging aan die U­ni­ver­si­teit van Ox­ford in En­ge­land, wat land­wyd op­slae ge­maak het ná die voor­val by die Obz Café, ver­dui­de­lik aan die me­dia “wat eint­lik ge­beur het”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.