Na Fa­ce­book, ‘want sy werk nog’

Beeld - - Nuus - – Clau­di Mai­lo­vich

Die skry­wer en rol­prent­ma­ker Gil­li­an S­chut­te sê sy het die jaar oue be­weer­de ras­sis­tie­se op­mer­kings van reg­ter Ma­bel Jan­sen weer op Fa­ce­book ge­plaas “om­dat Jan­sen steeds ’n reg­ter is”. S­chut­te sê die punt is “dat daar steeds ’n ras­sis­tie­se reg­ter is wat in ’n pos sit waar sy sa­ke ver­hoor ter­wyl sy ’n voor­op­ge­stel­de i­dee het van wat dit is om swart te wees”.

Jan­sen het die bood­skap­pe in Mei ver­le­de jaar aan S­chut­te ge­stuur.

S­chut­te sê sy het be­sluit om die skerm­gre­pe van die bood­skap­pe nou weer te plaas ná die her­rie wat ont­staan het weens Ntokozo Qwabe, die R­ho­des Must Fall­lei­er, se be­han­de­ling van Ashleigh S­chultz, ’n kel­ne­rin wat in Obz Ca­fe in Kaap­stad werk.

S­heena Jon­ker, die pro­ku­reur wat die saak na­mens S­chut­te ge­han­teer het, het in e­pos ge­sê sy hoop om S­chut­te se be­ë­dig­de ver­kla­rings Woens­dag­og­gend vir die Reg­ter­li­ke Diens­kom­mis­sie ge­reed te hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.