Seks­to­neel uit nu­we fliek ge­sny

Beeld - - Nuus - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

Hoe­wel Twee gra­de van moord ’n seks­to­neel kwyt is, is die ver­vaar­di­ger, Bar­ry S­trick, te­vre­de en op­ge­won­de oor dié fliek wat ein­de­lik in Ju­lie uit­ge­reik word.

Die fliek sou in Sep­tem­ber ver­le­de jaar in te­a­ters be­gin draai, maar is te­rug­ge­hou weens me­nings­ver­skil­le tus­sen die fliek se kre­a­tie­we span en kykNET se rol­prent­taak­span.

“Daar was ver­le­de jaar ’n paar me­nings­ver­skil­le oor kre­a­tie­we as­pek­te van die fliek. Maar ons het die fliek saam met kykNET aan toets­ge- ho­re ge­wys. Ons het saam­ge­stem dat die pu­bliek die be­lang­rik­ste kri­ti­ci moet wees,” sê S­trick.

“Dit ís ’n om­stre­de fliek, maar ons het baie po­si­tie­we te­rug­voe­ring van die toets­ge­ho­re ge­kry. Ons het hul­le te­rug­voe­ring ge­bruik om die fliek ver­der te vorm en aan te pas.” Dit is S­trick se eer­ste fliek. Ma­ri­us Wey­ers en San­dra Prins­loo is daar­in vir die eer­ste keer se­dert 1989 saam op die sil­wer­doek.

Een van die te­mas van die fliek is ge­na­de­dood, sê S­trick.

“Daar was twee to­ne­le in die fliek waar ons aan­pas­sings moes maak: ’n he­te­ro­sek­su­e­le seks­to­neel en ’n gay-soen. Die seks­to­neel was nog­al erg, maar die soen is baie kort. Die seks­to­neel is uit­ge­haal.

“Dit is die groot­ste ver­an­de­ring, maar dit be­ïn­vloed nie die sto­rie­lyn nie.”

Hy sê die fliek is ná ver­de­re re­di­ge­ring ef­fens ver­kort.

“Dit was te­leur­stel­lend dat se­ke­re goed ver­an­der moes word, maar ’n mens moet prak­ties wees en ’n mens moet se­ke­re goed sny om dit be­hoor­lik te laat werk. En soos hul­le sê: Kill your dar­lings.

“Ons en kykNET is te­vre­de met die pro­duk,” sê hy.

“Dit was ’n baie lang pro­ses.”

S­trick sê hy hoop die fliek gaan men­se aan die praat hê.

“Ek hoop men­se gaan dink oor wat hul­le ge­sien het en praat oor die ver­skeie as­pek­te van die fliek.”

Hy sê die fliek gee ook aan­dag aan die te­ma van vrou­e­mis­han­de­ling.

Vol­gens S­trick moet plaas­li­ke ge­ho­re nie on­der­skat word nie. “Ek dink men­se soek al hoe meer na erns­ti­ger on­der­wer­pe.”

Twee gra­de van moord word op 22 Ju­lie in fliek­te­a­ters uit­ge­reik.

Fo­to: FULL FACULTY FILMS

San­dra Prins­loo as A­le­ska Cloe­te en Ma­ri­us Wey­ers as Ben Cloe­te in die nu­we A­fri­kaan­se fliek Twee gra­de van moord.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.