Vu­wa­ni: S­kool­in­lig­ting ver­nie­tig

Beeld - - Nuus - Jan Ger­ber

Al die in­lig­ting, ook ma­tri­ku­lan­te se pun­te, is tot as ver­brand by die 24 sko­le in die Vu­wa­ni-streek in Lim­po­po wat aan die brand ge­steek is.

An­gie Mots­hek­ga, mi­nis­ter van ba­sie­se on­der­wys, het die brand­stig­ting by sko­le gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie as “maat­skap­li­ke sa­bo­ta­sie” be­skryf.

Aan­vank­lik is ge­raam dat dit ’n half­mil­jard rand sal kos om die ska­de te her­stel, maar die jong­ste kon­ser­wa­tie­we ra­ming is R200 mil­joen.

Mots­hek­ga sê dit kos so­wat R30 mil­joen om ’n skool te bou, maar van die sko­le is klein en som­mi­ge is baie na aan me­kaar en kan deur een nu­we skool ver­vang word.

Die de­par­te­ment het eg­ter nie geld daar­voor nie.

“Daar is geen Vu­wa­ni in dié be­gro­ting nie,” sê sy oor haar de­par­te­ment se be­gro­ting, wat sy la­ter ter ta­fel sou lê.

“Ons sal die kos­te nie self kan dra nie.” Die kwes­sie sal met on­der meer die te­sou­rie en die de­par­te­ment van o­pen­ba­re wer­ke be­spreek word.

Die sko­le, wat in diep lan­de­li­ke ge­bie­de is, het nie toe­gang tot bre­ë­band-in­ter­net nie en hul in­lig­ting is op pa­pier ge­hou.

Mots­hek­ga sê daar sal saam met U­ma­lu­si, die raad vir ge­hal­te­ver­se­ke­ring in al­ge­me­ne on­der­wys, ’n o­plos­sing vir die ma­tri­ku­lan­te se ver­lo­re in­lig­ting ge­vind moet word.

Die ge­vol­ge vir leer­lin­ge en hul ge­sin­ne is reus­ag­tig. Baie tyd het ver­lo­re ge­gaan in ’n sek­tor waar tyd kri­tiek is. Sko­le het ’n sag­te tei­ken ge­word en men­se wat dit ver­nie­tig, moet swaar­der ge­straf word, sê Mots­hek­ga.

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

An­gie Mots­hek­ga en an­der hoog­ge­plaas­tes be­soek een van die af­ge­bran­de sko­le in die Vu­wa­ni­ge­bied in Lim­po­po ver­le­de week.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.