Drei­ge­ment teen Ma­don­se­la: ‘Wat an­ders moet ek doen?’

Beeld - - Nuus - Clau­di Mai­lo­vich

Die po­li­sie weet al meer as ’n maand van die moont­li­ke ge­vaar waar­in adv. T­hu­li Ma­don­se­la, o­pen­ba­re be­sker­mer (OB), ver­keer.

Ma­don­se­la het gis­ter­aand aan joer­na­lis­te by ’n be­kend­stel­ling van die Ci­vi­cs A­ca­de­my by die Nel­son Man­de­la-stig­ting ge­sê sy het on­mid­del­lik die SMS wat sy ge­kry het oor die aan­slag op haar le­we, aan die po­li­sie ge­stuur toe sy dit op 1 A­pril ge­kry het.

“Ek ver­staan nie hoe­kom ek ’n klag daar­oor moet in­dien nie, want ons het die saak on­mid­del­lik aan­ge­meld. Die bood­skap is na die po­li­sie ge­stuur. Ver­der as dit weet ek nie wat an­ders ek ver­on­der­stel is om te doen nie,” het Ma­don­se­la ge­sê.

Ma­don­se­la het aan die Sun­day Ti­mes ge­sê ’n fluit­jie­bla­ser het haar ge­waar­sku oor ’n Kaap­se ben­de­baas wat R740 000 aan­ge­bied is om haar te ver­moor.

Na be­rig word moes dit na ’n mo­tor­on­ge­luk lyk.

Sy is on­te­vre­de daar­mee dat ’n lid van po­li­sie-in­tel­li­gen­sie aan haar ge­sê het sy moe­nie be­kom­merd wees nie, “want die in­for­mant is 95% van die tyd ver­keerd en net 5%”.

“Wie is jy om te sê hier­die is nie die 5% nie?” het Ma­don­se­la ge­sê.

Sy het ge­sê sy het se­dert die drei­ge­ment nie veel an­ders ge- doen as om van haar be­we­gings te ver­an­der nie.

Sy wou nie kom­men­taar le­wer oor of die po­li­sie al e­nig­sins iets ge­doen het nie.

Ma­don­se­la het by­ge­voeg dat dit nou eers ’n maand en ’n week is se­dert sy die bood­skap ont­vang het.

Brig. Hang­wa­ni Mu­lau­d­zi, Val­ke-woord­voer­der, het ge­sê lt.genl. K­ho­mot­so P­hahla­ne, waar­ne­men­de po­li­sie­kom­mis­sa- ris, het be­sluit om self in te gryp na aan­lei­ding van die be­rig in die Sun­day Ti­mes.

“Wan­neer hy met al die rol­spe­lers, in­slui­tend die kan­toor van die o­pen­ba­re be­sker­mer, ge­praat het, sal ons kan vas­stel wat ge­doen moet word,” het Mu­lau­d­zi ge­sê.

Hy het ge­sê hul­le was ge­skok toe hul­le die be­rig lees.

“As men­se klag­te het, moet hul­le di­rek na ons toe kom (nie net na die me­dia nie),” het Mu­lau­d­zi ge­sê.

“Nou lyk dit of ons wei­er om ’n diens aan haar te le­wer en dit lyk glad nie goed nie.”

Geen amp­te­li­ke klag is nog vol­gens Mu­lau­d­zi in­ge­dien nie.

Zak­he­le M­bhe­le, DA-woord­voer­der oor po­li­sie, het P­hahla­ne se be­sluit ver­wel­kom om “erns­tig aan­dag” te gee aan die drei­ge­men­te teen Ma­don­se­la.

Adv. T­hu­li Ma­don­se­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.