R650 m. vir Pos­kan­toor, wat R3,7 mjd. kort

Beeld - - Nuus - Jan Ger­ber

Die suk­ke­len­de Suid-A­fri­kaan­se Pos­kan­toor kry van­jaar ’n “ka­pi­ta­le in­spui­ting” van R650 mil­joen van die staat ter­wyl hy R3,7 mil­jard no­dig het om hom reg te ruk.

“Dit lyk dalk na ’n drup­pel in die o­se­aan, aan­ge­sien dié maat­skap­py so­wat R3,7 mil­jard no­dig het om sy be­dry­wig­he­de te sta­bi­li­seer en om i­ni­si­a­tie­we wat in­kom­ste ver­dien in wer­king te be­gin stel,” het dr. Siy­a­bon­ga C­we­le, mi­nis­ter van te­le­kom­mu­ni­ka­sie en die pos­diens, gis­ter in die de­bat oor sy de­par­te­ment se be­gro­ting ge­sê.

“Ons de­par­te­ment sal voort­gaan om die no­di­ge on­der­steu­ning te ver­leen om die Pos­kan­toor in staat te stel om die no­di­ge fi­nan­sie­ring in die mark­te te ver­kry. Ek is vol ver­troue dat die uit­voe­ren­de hoof bin­ne­kort die le­nings­fa­si­li­teit vir die no­di­ge fi­nan­sie­ring sal fi­na­li­seer.”

C­we­le het ge­sê die Pos­kan­toor stel die wan­ad­mi­nis­tra­sie van die af­ge­lo­pe tien jaar reg deur die aan­be­ve­lings van die spe­si­a­le on­der­soek­een­heid, die o­pen­ba­re be­sker­mer en sy eie om­keer­stra­te­gie in wer­king te stel.

Ca­me­ron Mac­ken­zie, DA-LP, het ge­sê die feit is dat die Pos­kan­toor R125 mil­joen per maand ver­loor en ver­val on­der die R900 mil­joen wat hy sy kre­di­teu­re skuld.

“Maar die Pos­kan­toor skuld nie net sy kre­di­teu­re nie; dit is bloot on­reg­ver­dig dat die Pos­kan­toor ook mil­joe­ne ge­skuld word deur ANC-be­heer­de en­ti­tei­te.

“Ek hoor die re­de waar­om die sta­di­on so leeg was vir die ANC se ma­ni­fes­be­kend­stel­ling is dat die uit­no­di­gings deur die pos ge­stuur is!” het Mac­ken­zie ge­sê.

“En dan wil ek ook vir die ag­ba­re spea­ker M­be­te dan­kie sê vir haar Kers­kaart­jie.

“Dit is voor Kers­fees ge­stuur en het eers op 4 A­pril op­ge­daag.”

M­ma­mo­lo­ko Ku­bayi, ANC-LP en voor­sit­ter van die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor te­le­kom­mu­ni­ka­sie en die pos­diens, het ge­sê sy is be­moe­dig deur die sta­bi­li­teit van die Pos­kan­toor se raad en die aan­stel­ling van Mark Bar­nes as uit­voe­ren­de hoof.

“Na ver­wag­ting sal die Pos­kan­toor in die laas­te deel van die 2017-’18-boek­jaar ge­lyk breek,” het sy ge­sê.

Fo­to: LEÁNNE S­TAN­DER

Dr. Siy­a­bon­ga C­we­le

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.