MIV­veld­tog wil mei­sies weg­kry van vroe­tel­pap­pies

Beeld - - Nuus - – P­hil­da Es­sop

’n Wyd­lo­pen­de pro­gram om MIV­in­fek­sie on­der mei­sies en jong vroue in be­dwang te bring – wat in­sluit om hul­le van vroe­tel­pap­pies te “speen” – tree in Ju­nie in wer­king.

Dr. Aa­ron Mot­so­a­le­di, mi­nis­ter van ge­sond­heid, het die pro­gram gis­ter in sy be­gro­tings­toe­spraak aan­ge­kon­dig. Dit is ge­mik op mei­sies en jong vroue en mans wat hul­le aan­steek en swan­ger maak.

So­wat 2 500 mei­sies en jong vroue van 15 jaar tot 24 jaar word el­ke week in Suid­A­fri­ka be­smet en nog so­veel el­ders in Sui­der­ en Oos­A­fri­ka.

Met die veld­tog sal ook pro­beer word om tie­ner­swan­ger­skap­pe en sek­su­e­le en ge­slags­ge­weld te ver­min­der, mei­sies tot in ma­triek op skool te hou en e­ko­no­mie­se ge­leent­he­de vir jong vroue te skep om hul­le min­der af­hank­lik van vroe­tel­pap­pies te maak. Hy het ook aan­ge­kon­dig dat die CD4­tel­ling as kwa­li­fi­se­ren­de kri­te­ri­um vir an­ti­re­tro­vi­ra­le be­han­de­ling in Sep­tem­ber weg­val. “Dit be­te­ken ons sal be­gin toets en be­han­del in­ge­vol­ge die nu­we rig­ly­ne wat die Wê­reld­ge­sond­heids­or­ga­ni­sa­sie in De­sem­ber be­kend ge­maak het.”

Van Ju­nie af sal pre­bloot­stel­lings­pro­fi­lak­se aan seks­wer­kers in tien seks­wer­ker­pro­gram­me ver­skaf word. Die nu­we pro­gram­me sal ’n by­ko­men­de R1 mil­jard in dié boek­jaar kos en deur die na­si­o­na­le te­sou­rie be­skik­baar ge­stel word.

Dr. Aa­ron Mot­so­a­le­di

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.