‘G’n plek vir a­part­heids­voor­stan­ders’

Beeld - - Nuus - – A­li­ces­ti­ne Oc­to­ber

Daar sal se­ker ge­maak word voor­stan­ders van a­part­heid neem nie plek in o­pen­ba­re ruim­tes op nie.

Na­thi Mt­hethwa, mi­nis­ter van kuns en kul­tuur, het gis­ter in sy de­par­te­ment se be­gro­tings­de­bat in die par­le­ment laat blyk die her­rie oor stand­beel­de is lank nog nie uit­ge­woed nie.

Hy het ook ge­kap na ras­sis­te wat hy meen bloot­ge­stel en ge­ï­so­leer moet word.

Mt­hethwa het ver­wys na Duits­land toe hy kwes­sies oor ver­soe­ning en na­sie­bou aan­ge­roer het.

“Jy kan nie (’n stand­beeld van) Hit­ler ’n o­pen­ba­re ruim­te laat be­set nie.

“Wat ons in o­pen­ba­re ruim­tes plaas, moet ver­deeld­heid help oor­brug.”

Mt­hethwa het ge­sê die werk van die taak­span oor die her­vor­ming van die land se er­fe­nis­land­skap is steeds on­der­weg. Hy het nie daar­oor uit­ge­wei nie.

Hy het be­na­druk dat daar se­ker ge­maak moet word die wa­re sto­rie oor Suid-A­fri­ka word ver­tel en dat die­ge­ne wat in o­pen­ba­re ruim­tes ver­eer word die guns van die meer­der­heid van die be­vol­king ge­niet.

Mt­hethwa het ook aan­ge­kon­dig dat ’n stand­beeld van Ro­bert So­buk­we, oud­lei­er van die PAC, op­ge­rig gaan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.