1 000 meer wag op o­pe­ra­sies in Maxe­ke

Beeld - - Nuus - – Ren­eil­we Dhludhlu

Die wag­lys vir o­pe­ra­sies in die C­har­lot­te Maxe­ke-hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg staan op 2 448.

Dit is by­na 1 000 men­se meer as toe die wag­lys ver­le­de jaar op sy lang­ste was.

Dit word toe­ge­skryf aan on­der meer die toe­na­me in on­ge­luk­ke die af­ge­lo­pe lang­na­we­ke en va­kan­sie­dae.

Qe­da­ni Mahlan­gu, Gau­teng­se LUR vir ge­sond­heid, sê sy is be­kom­merd oor die toe­na­me in die ge­tal trau­ma­ge­val­le.

Die hos­pi­taal moet nou nood­ge­val­le pri­o­ri­ti­seer en ge­ske­du­leer­de o­pe­ra­sies kan­sel­leer.

Die de­par­te­ment het be­sluit om min­der erns­ti­ge pro­se­du­res en gal­blaas­o­pe­ra­sies na an­der staats­hos­pi­ta­le te ver­wys.

Pa­si­ën­te wie se o­pe­ra­sies uit­ge­stel is, sal week­liks op hoog­te ge­hou word.

“Ek­stra o­pe­ra­sies is oor na­we­ke en op o­pen­ba­re va­kan­sie­dae ge­ske­du­leer.

“Ons hoop dat dié in­gry­ping po­si­tie­we re­sul­ta­te sal le­wer,” sê Mahlan­gu.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.