Pa gaan haal seun se di­plo­ma

Al­mal in tra­ne toe hy op ver­hoog stap

Beeld - - Nuus - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

Hy was die eer­ste lid van sy fa­mi­lie wat u­ni­ver­si­teit toe is en wou sy suk­ses ge­bruik om sy fa­mi­lie uit ar­moe­de te lig.

Maar en­ke­le dae voor sy gra­de­pleg­tig­heid is hy in sy kos­huis­ka­mer dood.

P­ho­mot­so Ma­ke­ke (23), ’n fo­to­gra­fie­stu­dent aan die Tshwa­ne-U­ni­ver­si­teit van Teg­no­lo­gie (TUT), moes gis­ter­mid­dag sy di­plo­ma ont­vang, maar is Vry­dag­aand in sy ka­mer in die Tem­po-mans­kos­huis in die P­re­to­ri­a­se mid­de­stad dood.

Sy pa, Mo­taung Ma­ke­ke, het sy di­plo­ma toe gis­ter in ont­vangs ge­neem.

P­ho­mot­so se bu­re het Vry­dag­aand ’n vreem­de ge­luid uit sy ka­mer ge­hoor en gaan on­der­soek in­stel.

“Hy het plat op sy ge­sig ge­lê en ie­mand het die nood­diens ont­bied. Hul­le het hom op die to­neel dood ver­klaar,” sê Lin­do May­ep­he (21), P­ho­mot­so se mei­sie.

Vol­gens Gra­ce Ma­tu­ba­tu­ba, sy tan­te, het hy ver­sot ge­raak op fo­to­gra­fie toe A­me­ri­kaan­se fo­to­gra­we die dor­pie waar hy groot­ge­word het, Mount F­let­cher in die Oos Kaap, be­soek het.

“Hy is daar­na in sy ma­triek­jaar vir ses maan­de as uit­ruil­stu­dent na die VSA.

“Hy het so goed ge­pres­teer. Hy het selfs ’n ar­ti­kel in ’n tyd­skrif daar ge­pu­bli­seer,” het Ma­tu­ba­tu­ba ge­sê.

P­ho­mot­so se pa, Mo­taung, was baie e­mo­si­o­neel.

“Ek het hom in De­sem­ber laas ge­sien. Ek was siek in Rus­ten­burg en hy het my daar kom sien. Ek het nie ge­weet dit sal die laas­te keer wees nie,” het hy ge­sê.

P­ho­mot­so het Don­der­dag vir die laas­te keer met sy pa ge­praat toe hy hom ge­vra het om Fo­to’s: LISA HNATOWICZ sy baad­jie vir die gra­de­pleg­tig­heid te bring.

Prof. S­tan­ley Muk­ho­la, waar­ne­men­de ad­junk­vi­se­kan­se­lier van die TUT, het ge­sê die u­ni­ver­si­teit is hart­seer om so af­skeid te neem van ’n jong mens.

“P­ho­mot­so het ’n bly­wen­de in­druk op ons al­mal ge­maak. Mag sy siel vre­de vind,” het Muk­ho­la ge­sê.

Daar was nie ’n en­ke­le droë oog in die saal toe Mo­taung op die ver­hoog stap om sy seun se di­plo­ma te ont­vang nie.

“Hy was al­tyd so vro­lik, so gre­tig om te help. Ek kan nie glo hy’s weg nie,” het May­ep­he snik­kend ge­sê.

P­ho­mot­so sal Sa­ter­dag in sy tuis­dorp be­gra­we word.

Mo­taung Ma­ke­ke, P­ho­mot­so se pa, huil ten ty­de van die gra­de­pleg­tig­heid op die TUT se hoof­kam­pus in P­re­to­ria­Wes.

P­ho­mot­so Ma­ke­ke (23) was ’n stu­dent aan die Tshwa­neU­ni­ver­si­teit vir Teg­no­lo­gie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.