Dwelms van mil­joe­ne oor­kant skool ge­kry

Beeld - - Nuus - Tar­ren­Lee Ha­bel­gaarn

R20 mil­joen se dwelms en che­mi­ka­lieë is ge­vind in ’n klop­jag op ’n huis oor­kant die G­len­view P­ri­ma­ry S­chool in Brac­ken­hurst, Al­ber­ton.

’n La­bo­ra­to­ri­um is in die huis in Ap­pel­grein­straat in­ge­rig waar dwelms ver­vaar­dig is, sê kapt. N­di­vhu­wo Mu­la­mu, Val­ke-woord­voer­der.

Die Val­ke se een­heid teen ge­or­ga­ni­seer­de mis­daad en die po­li­sie het eer­gis­ter 23:30 toe­ge­slaan.

12 kg me­tam­fe­ta­mien is ver­wy­der, sê Mu­la­mu.

Twee Ni­ge­ri­ërs is in heg­te­nis ge­neem en sal in die land­dros­hof in Palm Rid­ge ver­skyn.

’n Op­sig­ter van die la­er­skool wat uit vrees vir in­ti­mi­da­sie nie sy naam ge­noem wil hê nie, sê die twee mans het so­wat drie jaar ge­le­de by die huis in­ge­trek.

“Daar ry ge­reeld voer­tuie in en uit. Die hek­ke gaan al­tyd vin­nig oop en weer vin­nig toe. Dit is al­tyd die­self­de ge­sig­te wat in­gaan en uit­kom,” sê hy.

“Ek het ge­dink dit is baie vreemd dat men­se groot drom­me che­mi­ka­lieë by hul huis het. Ek het al­tyd ge­won­der waar­voor dit ge­bruik word.”

Die po­li­sie kon nog nie be­ves­tig of nog hui­se in die straat on­der­soek word nie.

Fo­to: MARY­ANN PALMER

So lyk die huis met hoë mu­re oor­kant ’n la­er­skool in Brac­ken­hurst, Al­ber­ton, waar die po­li­sie eer­gis­ter­aand dwelms en che­mi­ka­lieë van R20 mil­joen ont­dek het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.