Uit­smy­ter se dood: Man gee hom oor

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

’n 24-ja­ri­ge man van Lau­di­um, in die wes­te van P­re­to­ria, het hom aan die po­li­sie oor­ge­gee in ver­band met die moord Sa­ter­dag op die nag­klub-uit­smy­ter A­veou­mi O­lei­de­le.

Aan­vank­lik het die po­li­sie ’n 19-ja­ri­ge van Lau­di­um on­der­vra en toe, na aan­lei­ding van in­lig­ting, ver­skeie ke­re ver­geefs die ou­er man by sy bly­plek pro­beer op­spoor. Die 19-ja­ri­ge is eer­gis­ter vry­ge­laat.

Die voor­val was by T­hun­dr, ’n nu­we nag­klub in Men­lyn S­qua­re in die oos­te van P­re­to­ria wat op die per­seel van Ty’s oop­ge­maak het. Ty’s het toe­ge­maak en ná twee we­ke se ge­wer­skaf het T­hun­dr Vry­dag­aand oop­ge­maak.

Kapt. Jan Se­pa­to, po­li­sie­woord­voer­der, het vroe­ër ge­sê ’n groep van on­ge­veer se­we vrien­de, mans en vroue, par­ty van Lau­di­um en an­der ver­moe­de­lik van Dur­ban, het Sa­ter­dag­aand daar ge­kui­er.

“Dit lyk of ie­mand in die groep moei­lik­heid in die klub ge­maak het,” sê hy.

Die uit­smy­ters moes in­gryp en het die groep uit die klub ver­wy­der. Bui­te het ie­mand in die groep ’n 37-ja­ri­ge uit­smy­ter ge­skiet, sê Se­pa­to.

O­lei­de­le is in die bors ge­skiet. Hy het nog ge­le­we toe die nood­diens kort ná mid­der­nag op die to­neel aan­ge­kom het, maar is kort daar­na dood, sê Chris Bo­tha, woord­voer­der van die Ne­t­ca­re 911-nood­diens.

Die 24-ja­ri­ge ver­dag­te is in aan­hou­ding op aan­klag van moord. Hy ver­skyn van­dag in die land­dros­hof in P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.