K­leu­ter (2) glo by skool ver­krag

Beeld - - Nuus - S­han­tel Mo­ses

’n T­wee­ja­ri­ge mei­sie­tjie is blyk­baar meer as een keer by ’n kleu­ter­skool in S­trand ver­krag.

Haar ma sê vroeg in A­pril het sy haar dok­ter toe ge­neem om­dat sy ge­kla het.

Die dok­ter wou weet wie be­dags na die kind om­sien, maar wou nie aan haar sê waar­om hy dit ge­vra het nie.

Op 18 A­pril het die mei­sie­tjie vol­gens haar ma vreemd op­ge­tree.

“Toe sy weer kla, het ek haar na ’n an­der dok­ter ge­neem. Die dok­ter het my ver­moe­de be­ves­tig dat sy ver­krag is. Vol­gens die dok­ter is sy a­naal ver­krag en was die wond vars. Sy het ook ou won­de aan haar vrou­e­de­le ge­had wat ge­wys het sy is voor­heen al ver­krag.”

Kapt. F.C. van Wyk, po­li­sie­woord­voer­der, sê nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie, maar die on­der­soek duur voort.

Vol­gens die vrou het die po­li­sie aan haar ge­sê daar is geen be­wys dat haar dog­ter­tjie by die kleu­ter­skool ver­krag is nie. “Sy was el­ke dag by die kleu­ter­skool ter­wyl ek ge­werk het. Waar an­ders kon dit ge­beur het?”

Sy is nou be­dags in haar ou­ma se sorg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.