Aan­val op Duit­se sta­sie ‘nie po­li­ties ge­mo­ti­veerd’

Beeld - - Nuus - – Reu­ters

M­ün­chen. – Die aan­val waar­in vier men­se gis­ter met ’n mes op ’n sta­sie in Gra­fing ge­steek is, lyk nie po­li­ties ge­mo­ti­veerd nie, het ’n mi­nis­ter ge­sê. Een van die slag­of­fers is dood. Die aan­val­ler, ’n 27-ja­ri­ge man wat in heg­te­nis ge­neem is, het vol­gens oog­ge­tui­es “Al­la­hu Ak­bar” (“God is groot”) ge­skree.

Jo­a­chim Herrmann, Bei­er­se mi­nis­ter van bin­ne­land­se sa­ke, het ge­sê daar is geen aan­dui­ding dat die man ’n mi­gran­te-ag­ter­grond het nie. Hy is ’n paar dae ge­le­de el­ders in Duits­land ge­sien waar hy vreemd op­ge­tree het. Daar is ver­moed dat hy dwelms mis­bruik en moont­lik gees­tes­ver­steurd is.

Hy het die men­se om­streeks 05:00 blyk­baar luk­raak aan­ge­val.

’n 50-ja­ri­ge man het la­ter aan sy won­de be­swyk. Een van die slag­of­fers is erg be­seer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.