R100 mil­jard het in 48 uur ver­dwyn

Maar OBK gooi wal en sê ver­lie­se is her­stel

Beeld - - Sake - L­le­wel­lyn P­rin­ce en Han­lie S­tad­ler

Kaap­stad. – Min­stens R100 mil­jard van wer­kers se pen­si­oen-spaar­geld het in die 48 ramp­spoe­di­ge uur na­dat pres. Ja­cob Zu­ma in De­sem­ber vir Nhlanhla Ne­ne as mi­nis­ter van fi­nan­sies af­ge­dank het, ver­lo­re ge­gaan.

Hier­die as­tro­no­mie­se ver­lie­se het Dins­dag aan die lig ge­kom na­dat die O­pen­ba­re Be­leg­gings­kor­po­ra­sie (OBK) dit in die kor­po­ra­sie se ver­sky­ning voor die par­le­men­tê­re staan­de ko­mi­tee oor fi­nan­sies er­ken het.

Die OBK be­lê hoof­saak pen­si­oen­geld van staats­wer­kers en het ’n be­leg­gings­por­te­feul­je van so­wat R1 800 mil­jard on­der sy be­stuur.

Dr. Da­niel Mat­ji­la, uit­voe­ren­de hoof van die OBK, het die ont­hul­ling ge­maak na­dat Da­vid May­nier, DA- par­le­men­tê­re woord­voer­der oor fi­nan­sies, die vraag oor die im­pak van Ne­ne se af­dan­king op 9 De­sem­ber ver­le­de jaar op die OBK se be­leg­gings­ba­tes aan hom en M­ce­bi­si Jo­nas, ad­junk-mi­nis­ter van fi­nan­sies en voor­sit­ter van die OBK-raad, in die ko­mi­tee ge­vra het.

ANC-LP’s, in­slui­tend Si­fi­sio But­he­le­zi, in die ko­mi­tee het eg­ter nie op hul­le laat wag nie en het Mat­ji­la on­mid­del­lik laat ver­dui­de­lik dat die ver­lie­se baie kort daar­na her­stel is.

May­nier het ná die ont­hul­ling ge­sê die ver­lie­se wat die OBK ge­ly het, “is ’n skerp her­in­ne­ring aan hoe­veel ska­de aan pen­si­oe­na­ris­se se spaar­geld aan­ge­rig is en be­wys dat pres. Ja­cob Zu­ma ver­keerd was toe hy be­weer het die uit­wer­king van sy ramp­spoe­di­ge be­sluit is oor­dryf”.

Jo­nas, wat ty­dens die sit­ting Dins­dag reg langs Mat­ji­la ge­sit het, het on­langs ook ’n groot op­skud­ding ver­oor­saak toe hy dit o­pen­baar ge­maak het dat die om­stre­de Gup­ta-fa- mi­lie hom die pos van mi­nis­ter van fi­nan­sies aan­ge­bied het om in De­sem­ber by Ne­ne oor te neem. Hy het dit van die hand ge­wys.

Pra­vin Gord­han, hui­di­ge mi­nis­ter van fi­nan­sies, is en­ke­le dae na­dat Zu­ma vir Des van Rooy­en, hui­di­ge mi­nis­ter van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke, in Ne­ne se plek aan­ge­stel het, in die pos her­aan­ge­stel na­dat die rand ge­tui­mel en mark­te erg ne­ga­tief op die aan­stel­ling ge­re­a­geer het.

Bi­z­news be­re­ken dat die land in daar­die nood­lot­ti­ge pe­ri­o­de R506 mil­jard op die aan­de­le- en ef­fek­te­beurs ver­loor het, waar­van min­stens R290 mil­jard op die JSE was.

Van dié ver­lie­se is in­tus­sen her­stel.

Mat­ji­la het die ver­lie­se op­ge­breek en ge­sê net die re­ge­ring se Werk­ne­mer­pen­si­oen­fonds het in die twee dae so­wat R95 mil­jard ver­loor.

Daar­by het die Wer­k­loos­heid­ver­se­ke­rings­fonds vol­gens Mat­ji­la ’n ver­lies van R7 mil­jard ge­ly, ter­wyl nog an­der be­leg­gings­ba­tes ge­sa­ment­li­ke ver­lie­se van so­wat R4,3 mil­jard ge­ly het.

Yu­nus Car­rim, voor­sit­ter van die staan­de ko­mi­tee vir fi­nan­sies, wou ook Dins­dag by Mat­ji­la weet of die be­drag die to­ta­le “geld is wat ons in 48 uur ver­loor het” en of al­les weer her­stel is.

Mat­ji­la het hier­op ge­sê dit het “aan­sien­lik her­stel”.

Sek­goe­la Sek­goe­la, woord­voer­der van die OBK, het by na­vraag Dins­dag “be­ves­tig dat die OBK op 9 en 10 De­sem­ber 2015 R100 mil­jard ver­loor het, maar dat die ver­lie­se ten vol­le teen ein­de De­sem­ber 2015 her­stel is”.

Mat­ji­la het ook aan die ko­mi­tee ge­sê dat die OBK geen be­leg­gings het in e­ni­ge van die om­stre­de Gup­ta-fa­mi­lie se maat­skap­pye nie.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Pres. Ja­cob Zu­ma se be­sluit om Nhlanhla Ne­ne in De­sem­ber ver­le­de jaar as mi­nis­ter van fi­nan­sies af te dank, het tot R100 mil­jard se ver­lie­se in staats­pen­si­oe­ne ge­lei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.