Co­mair veg om aan te hou vlieg

Beeld - - Sake - – Fran­cois Wil­li­ams

Kaap­stad. – Die lug­diens­maat­skap­py Co­mair, wat ku­lu­la.com en B­ri­tish Air­ways plaas­lik be­dryf, het ’n drin­gen­de hof­aan­soek in­ge­dien om die Lug­diens­li­sen­si­ë­rings­raad te keer om sy vlieg­li­sen­sie van­dag te­rug te trek.

Die drei­gen­de te­rug­trek van sy li­sen­sie het niks met vei­lig­heids­kwes­sies te doen nie, maar han­del slegs oor Co­mair se bui­te­land­se aan­deel­hou­ers­be­lang, het E­rik Ven­ter, uit­voe­ren­de hoof van Co­mair, ge­sê.

Die kwes­sie spruit uit ’n klag wat die me­de­din­ger F­lys­a­fair al in 2014 by die raad in­ge­dien het dat Co­mair die Wet op Lug­diens­li­sen­si­ë­ring oor­tree om­dat ’n gro­ter be­lang in Co­mair in bui­te­land­se be­sit is as die mi­ni­mum van 25% wat die wet voor­skryf.

F­lys­a­fair het in­tus­sen ver­le­de jaar sy klag teen Co­mair te­rug­ge­trek na­dat Co­mair meer in­lig­ting oor sy bui­te­land­se aan­deel­hou­ding be­kend ge­maak het.

Co­mair is vol ver­troue dat hy wel aan dié ver­eis­te vol­doen.

Maar ’n nu­we reeks di­rek­sie­le­de van die li­sen­si­ë­rings­raad is in­tus­sen aan­ge­stel.

Die raad het aan Co­mair ge­sê hy vol­doen nie tans aan die ver­eis­tes vir bui­te­land­se aan­deel­hou­ding in­ge­vol­ge die wet nie en dat sy bin­ne­land­se li­sen­sie te­rug­ge­trek kan word.

Die raad het Co­mair tot van­dag tyd ge­gee om aan die wet te vol­doen.

Co­mair voer daar­en­teen aan dat hy wel aan die wet vol­doen na­dat hy sy regs­ad­vi­seurs ge­raad­pleeg het.

Vol­gens Ven­ter het die li­sen­si­ë­rings­raad ná ver­skeie ver­soe­ke nog nie aan Co­mair die on­der­ne­ming ge­gee dat hy nie ver­de­re stap­pe sal doen han­gen­de die uit­slag van ’n regs­her­sie­ning nie, van­daar die be­sluit om ’n drin­gen­de hof­aan­soek in te dien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.