In­de­pen­dent ‘moet ’n swart Nas­pers word’

Beeld - - Sake -

Die O­pen­ba­re Be­leg­gings­kor­po­ra­sie (OBK) wil met sy be­leg­ging in die In­de­pen­dent Me­di­a­groep ’n “swart Nas­pers” skep.

Só het dr. Da­niel Mat­ji­la, uit­voe­ren­de hoof van die OBK, Dins­dag ge­sê toe hy uit­ge­vra is oor die stand van die kor­po­ra­sie se be­leg­ging in dié me­di­a­groep wat tans deur die Se­kun­ja­lo­kon­sor­ti­um be­heer word.

Mat­ji­la het ge­sê die In­de­pen­dent­groep is voor­heen deur Ie­re be­sit en die groep se wins het groot­liks land­uit ge­vloei.

“Toe die groep in die moei­lik­heid be­land het, het ons die ge­leent­heid ge­sien om dit SuidA­fri­kaans te maak.

“Ons het ge­glo dat dit (met Suid­A­fri­kaan­se ei­e­naar­skap) re­ge­rings­kon­trak­te (in ver­al ad­ver­ten­sies) sou lok, maar dit het nooit ge­beur nie.”

Vol­gens Mat­ji­la moet dit wat tans met die In­de­pen­dent­groep ge­beur, ver­ge­lyk word met wat met Nas­pers in die vroeë 2000’s ge­beur het toe hier­die maat­skap­py ook fi­nan­si­eel ge­suk­kel het.

“Hy (Nas­pers) is eg­ter die maat­skap­py wat tans die bes­te op die JSE pres­teer.

“Dit is net reg­ver­dig dat swart men­se ook die ge­leent­heid kry om ’n Nas­pers te skep.”

Mat­ji­la het ge­sê die stra­te­gie om die In­de­pen­dent­groep om te keer, “werk ook nou. Die sy­fers lyk goed.”

Vol­gens hom moet daar met die In­de­pen­dent­groep net ge­duld aan die dag ge­lê word om­dat die OBK se be­leg­ging in die groep nog net twee jaar oud is.

“Ons wil (met die OBK se be­leg­ging in die In­de­pen­dent­groep) ’n swart Nas­pers skep,” het Mat­ji­la ge­sê.

Dr. Da­niel Mat­ji­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.