Nan­do’s­ei­e­naar in Zim be­trek

Beeld - - Sake Nuus -

Inn­scor A­fri­ca, die maat­skap­py wat Nan­do’s en S­teers in Zim­bab­we be­dryf, maak hom vol­gens die Panama-dokumente skul­dig aan on­wet­ti­ge tran­sak­sies en be­ta­lings aan di­rek­teu­re.

’n In­ter­na­si­o­na­le kon­sor­ti­um van on­der­soe­ken­de joer­na­lis­te het meer as 11,5 mil­joen dokumente wat uit­ge­lek is van die Pa­na­me­se fir­ma Mos­sack Fon­se­ca ge­fyn­kam om die ge­hei­me van hon­derd­dui­sen­de men­se wê­reld­wyd bloot te lê.

Inn­scor, wat ook C­hic­ken Inn be­dryf, het Mos­sack Fon­se­ca glo ge­bruik om twee ho­ë­pro­fiel­di­rek­teu­re met be­hulp van oor­se­se maat­skap­pye in die Maag­de-ei­lan­de te be­taal. Zi­nona Kou­dou­na­ris en Mi­cha­el Fo­w­ler het glo pro­ku- reurs van die fir­ma ge­bruik om in sa­me­wer­king met Nort­hern Wy­chwood vier oor­se­se maat- skap­pye te re­gis­treer.

Inn­scor is op die Zim­bab­wie­se aan­de­le­beurs ge­no­teer en is Ti­ger Brands se ven­noot in Na­ti­o­nal Foods.

Zim­plats, ’n fi­li­aal van Im­pa­la Pla­ti­num (Im­plats), het ook vol­gens die Panama-dokumente uit­voe­ren­de di­rek­teu­re se sa­la­ris­se in die bui­te­land be­taal. Im­plats ont­ken dit ten sterk­ste, maar bron­ne sê die Zim­bab­wie­se re­ge­ring on­der­soek die be­we­ring.

“Die be­we­rings laat vrae ont­staan aan­ge­sien groot maat­skap­pye be­trek word wat wel re­des mag hê om oor­se­se be­las­ting­toe­vlugs­oor­de te ge­bruik,” het ’n bron in die Zim­bab­wie­se bank­we­se aan Fin24 ge­sê.

Voi­ce of A­me­ri­ca, wat deel was van die groep on­der­soe­ken­de joer­na­lis­te, het Maan­dag be­rig Inn­scor hou vol dat hy niks on­wet­tig ge­doen het nie en dat al­le tran­sak­sies vol­gens die re­le­van­te wet­ge­wing uit­ge­voer is.

Fo­to: VOLKS­BLAD

Klan­te wag vir hul kos in ’n tak van Nan­do’s. Inn­scor A­fri­ca, Nan­do’s en S­teers se ei­e­naar in Zim­bab­we, het vol­gens die Pa­na­ma­do­ku­men­te on­wet­ti­ge be­ta­lings aan di­rek­teu­re ge­maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.