Re­ge­ring wil jou slim­foon se da­ta goed­ko­per maak

Beeld - - Geklassifiseerd - – Reu­ters

Jo­han­nes­burg. – Die re­ge­ring wil die mo­bie­le­bre­ë­band­dek­king teen 2019 ver­dub­bel tot 80% van die be­vol­king, het Siy­a­bon­ga C­we­le, mi­nis­ter van te­le­kom­mu­ni­ka­sie, gis­ter in die par­le­ment ge­sê.

Vol­gens C­we­le staan ho­ë­spoed-LTE­dek­king (so­ge­naam­de 4G) tans op tus­sen 35% en 53%.

’n Nu­we be­leid vir die te­le­kom­mu­ni­ka­sie­be­dryf, wat oor die vol­gen­de paar maan­de ge­fi­na­li­seer gaan word, gaan be­lem­me­rings tot toe­tre­de ver­min­der en die groei van die be­dryf laat ver­snel, het C­we­le ge­sê.

Die re­ge­ring is van plan om die hoë kos­te van kom­mu­ni­ka­sie – wat die Wê­reld­bank as van die duur­ste ter wê­reld be­skou – in Suid-A­fri­ka te ver­min­der.

“Die nu­we be­leid stel ra­di­ka­le in­gry­ping voor aan die aan­bod­kant om die in­klu­sie­we groei van die be­dryf te ver­snel,” sê C­we­le.

“Dit sal be­lem­me­rings tot toe­tre­de ver­min­der deur weg te be­weeg van mo­no­po­lis­tie­se me­de­din­ging ge­grond op in­fra­struk­tuur na oop en toe­gank­li­ke bre­ë­band­net­wer­ke.”

C­we­le sê ’n nu­we spek­trum­be­leid sal oop net­wer­ke on­der­steun en ver­brui­kers help deur hul keu­ses te ver­groot en in­ter­net­kos­te te ver­min­der.

Lui­dens ’n ver­slag van die Wê­reld­bank wat in Fe­bru­a­rie ge­pu­bli­seer is, be­taal Suid-A­fri­ka­ners so­wat $14,10 vir een gi­ga­greep se da­ta, die vier­de hoog­ste uit 17 lan­de in A­fri­ka. Ka­me­roen se kos­te is die laag­ste, waar die­self­de da­ta­bon­del slegs $2,10 kos.

Siy­a­bon­ga C­we­le

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.