T­re­t­chi­dan­ser on­der die ha­mer

Beeld - - Kuns -

Vla­di­mir T­re­t­chi­koff se The H­in­du Dan­cer, wat vir tus­sen R1,2 mil­joen en R1,6 mil­joen ge­waar­deer is, kom van­dag by S­te­phan Welz & Co. in Jo­han­nes­burg on­der die ha­mer.

T­re­t­chi­koff het die groot­ste deel van sy wer­k­le­we in SuidA­fri­ka deur­ge­bring.

In 2008 het sy werk Fruits of Ba­li, wat vir R250 000 tot R300 000 ge­waar­deer was, ’n re­kord van R3,4 mil­joen be­haal, by­kans 12 keer meer as die ge­raam­de be­drag.

The H­in­du Dan­cer het drie jaar ge­le­de aan­dag ge­trek toe die mo­del vir dié skil­de­ry op­ge­spoor is. Sy was ’n jong Suid-A­fri­kaan­se dan­ser wat in die 50’s vir T­re­t­chi­koff ge­po­seer het en woon nou in die VSA.

In ’n ver­kla­ring sê An­ton Welz, di­rek­teur van S­te­phan Welz & Co., The H­in­du Dan­cer is ’n on­ge­wo­ne skil­de­ry – u­niek in die 20ste eeu in SuidA­fri­ka.

“T­re­t­chi­koff het self ge­sê hy het hom dik­wels ver­loor in die ge­loofs­oor­tui­gings en gods­diens van die men­se wat hy ge­skil­der het.

“The H­in­du Dan­cer met die vier waai­en­de arms is ’n ver­wy­sing na die S­hi­va-i­ko­ne wat in ’n kos­mie­se dans ge­wik­kel is. Haar toe oë en pein­sen­de ge­sig vang haar vas as­of sy diep in me­di­ta­sie is en die oom­blik ge­tran­sen­deer het na ’n gro­ter heel­al.”

Mag­gie Laub­ser se Ca­pe Dutch House with T­rees wat vir R110 000 tot R150 000 ge­waar­deer is en J.H. Pier­neef se Veld land­skap wat vir R150 000 tot R200 000 ge­waar­deer is, kom ook on­der die ha­mer.

Be­soek www.ste­phan­wel­zan­d­co.co.za vir meer in­lig­ting.

Vla­di­mir T­re­t­chi­koff se The H­in­du Dan­cer kom van­dag on­der die ha­mer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.