Men’s G­lee Club sing oor le­we, lief­de, ver­lies

Beeld - - Kuns -

Kaap­stad. – Vir die eer­ste keer in die 156-ja­ri­ge be­staan van die U­ni­ver­si­teit van Mi­chi­gan se Men’s G­lee Club on­der­neem die koor van­dees­maand ’n toer na ver­skeie ste­de in Suid-A­fri­ka. Dit is ook die eer­ste keer dat die koor in A­fri­ka op­tree.

Die te­ma van die A­me­ri­kaan­se en­sem­ble is “U­bo­mi: Lo­ve, Li­fe, and Loss”. Dit sluit ’n stuk oor so­si­a­le ge­reg­tig­heid in wat ten doel het om ge­ho­re te laat na­dink oor ras en ge­weld.

Die pro­gram sluit ver­skeie nu­we stuk­ke in.

Die koor se re­per­to­ri­um be­vat wer­ke uit ver­skeie tyd­per­ke.

Die Men’s G­lee Club is in 1859 ge­stig. 100 jaar la­ter word hul­le die eer­ste A­me­ri­kaan­se man­ne­koor wat die In­ter­na­si­o­na­le Eistedd­fod in Llangol­len, Wal­lis, wen.

Die koor se Suid-A­fri­kaan­se kon­sert­toer be­gin in P­re­to­ria, waar­na op­tre­des in Jo­han­nes­burg, So­we­to en Kaap­stad volg. Die toer sluit uit­reik­pro­gram­me en saam­werk­ge­leent­he­de met Suid-A­fri­kaan­se ko­re in.

Eu­ge­ne Ro­gers is die mu­siek­di­rek­teur van die koor.

Hy het in­ter­na­si­o­naal al wyd op­ge­tree. In 2014 was hy die koor­lei­er in ’n Naxos-op­na­me van Mil­haud se L’O­res­tie d’Eschy­le wat ver­le­de jaar be­noem is vir ’n Gram­my as bes­te o­pe­ra-op­na­me. Die Mi­chi­gan­se Men’s G­lee Club is die oud­ste koor in sy soort in A­me­ri­ka.

Die da­tums van die Gau­teng­se kon­ser­te is soos volg:

Don­der­dag om 19:00 in Doxa Deo, P­re­to­ria. Op­tre­de te­sa­me met A­ma­z­wi Kan­tu en die Tswel­o­pe­le-koor. Toe­gang is gra­tis.

Sa­ter­dag om 18:30: Die ou­di­to­ri­um van die Ho­ër­jon­gen­skool P­re­to­ria. Op­tre­des is saam met die koor van die Ho­ër­jon­gen­skool P­re­to­ria; St. Al­ban’s Col­le­ge Bar­bers­hop; St. Da­vid’s C­hoir; iT­hem­ba; Welsh Ma­le Voi­ce C­hoir en die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria se jeug­koor. Kaart­jies kos R80.

Kaart­jies is by u­pyout­hchoir. co.za/in­dex.php/buy-on­li­ne/buy­tic­kets-on­li­ne be­skik­baar. Son­dag om 14:00: Op­tre­de in die Im­bi­zo­saal op die So­we­to­kam­pus van die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes­burg te­sa­me met die I­mi­lon­ji KaN­tu C­ho­ral So­cie­ty.

Kaart­jies kos R80 elk en is by www.quic­ket.co.za be­skik­baar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.