Land slaak sug van ver­lig­ting

Beeld - - Kommentaar - Hen­ry Jef­freys is ’n on­af­hank­li­ke kom­men­ta­tor. Hy kan by @Bokj op T­wit­ter ge­volg word. Hen­ry Jef­freys

Die een jam­mer­te van die gra­de­rings­a­gent­skap Moody’s se wel­ko­me be­sluit oor Suid-A­fri­ka is dat dit pres. Ja­cob Zu­ma die ga­ping gee om nie te be­taal nie vir sy by­drae tot die e­ko­no­mie­se kri­sis waar­in hy die land ge­dom­pel het – met sy ka­ta­stro­fie­se be­sluit ver­le­de De­sem­ber om Nhlanhla Ne­ne as mi­nis­ter van fi­nan­sies in die pad te steek en te ver­vang deur die on­be­ken­de par­le­men­tê­re ag­ter­ban­ker Des van Rooy­en, net om hom op sy beurt deur Pra­vin Gord­han te ver­vang.

Gord­han het se­dert sy her­aan­stel­ling on­ver­poosd ge­werk met ven­no­te in die sa­ke­wê­reld, die vak­bon­de en die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing om ’n af­gra­de­ring van die Suid-A­fri­kaan­se e­ko­no­mie deur die in­ter­na­si­o­na­le gra­de­rings­a­gent­skap­pe af te weer. Hy en Suid-A­fri­ka is deur Moody’s – een van die wê­reld se drie voor­ste gra­de­rings­a­gent­skap­pe – vir sy moei­te be­loon.

Adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa, wat ook sy kant ge­bring het om ’n af­gra­de­ring te ver­my, het Moody’s se be­sluit te­reg as “baie goeie nuus” ver­wel­kom.

Dit is nog nie se­ker hoe die an­der twee a­gent­skap­pe, Fitch en S­tan­dard & Poor’s, gaan re­a­geer nie. Dis eg­ter nie ver­ge­sog nie om te re­ken hul­le sal dalk net Moody’s se voor­beeld volg. Die land het dus goeie re­de om ’n kol­lek­tie­we sug van ver­lig­ting te gee.

On­ge­luk­kig sit ons nog op­ge­saal met ’n staats­hoof wat klaar­blyk­lik nog nie mooi be­gryp wat sy ge­brek aan e­ko­no­mie­se in­sig is en wat sy ge­neigd­heid tot wis­pel­tu­ri­ge be­sluit­ne­ming oor kom­plek­se kwes­sies die land kos nie.

Zu­ma is nie net Suid-A­fri­ka se be­skul­dig­de nom­mer een nie, soos baie in die me­dia hom ge­noem het ná die hoog­ge­regs­hof­be­slis­sing ver­le­de week oor die ont­trek­king van kor­rup­sie­klag­te teen hom deur die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag.

Op sy eie ge­laat, is hy ook die e­ko­no­mie se vy­and nom­mer een. En ter­wyl hy nie deur die ANC tot ver­ant­woor­ding ge­roep word nie, sal hy aan­hou voort­ploe­ter en ska­de aan­rig.

Suid-A­fri­ka sal deur hier­die kri­sis kom – nie weens Zu­ma nie, maar ten spy­te van hom. Hoe gou­er die ANC dit be­sef, hoe be­ter vir die land. Zu­ma het klaar­blyk­lik geen be­rou oor sy aan­deel aan die kri­sis nie. Net ver­le­de week het hy die kans ver­speel om die SuidA­fri­kaan­se Lug­diens (SAL), een van die staats­on­der­ne­mings met skuld van mil­jar­de wat deur die staat ge­waar­borg word, te­reg te wys vir fla­gran­te wan- be­stuur. Pleks daar­van het hy ver­se­ker dat hy nie sal toe­laat dat die on­der­ne­ming on­der­gaan nie. Dit moet mu­siek in die ore van die SAL-voor­sit­ter en groot Zu­ma-bond­ge­noot, Du­du My­e­ni, ge­wees het en ’n te­rug­slag vir Gord­han, wat sterk op­tre­de voor­staan om die lug­diens met fis­ka­le dis­si­pli­ne van on­der­gang te red.

Dit is hier­die soort op­tre­de wat die an­der twee gra­de­rings­a­gent­skap­pe an­ders as Moody’s kan laat dink. Hul­le sal dalk ver­troue hê in Ra­map­ho­sa, Gord­han en hul bond­ge­no­te, maar nie in Zu­ma, die fi­na­le ar­bi­ter in re­ge­rings­be­slui­te, nie.

Dit is nie dui­de­lik wie Zu­ma in toom kan hou nie. Hoe meer pro­ble­me hy skep, hoe meer on­aan­tas­baar blyk hy te wees. Ons het geen op­sie nie as om te wag vir wan­neer hy (ho­pe­lik) aan­staan­de jaar as ANC-lei­er op­sy sal staan. In­tus­sen moet ons maar waak en bid dat hy hom nie aan te veel ver­gry­pe sal skul­dig maak nie. Ons moet ook hoop dat die ge­duld van men­se soos Gord­han met die Zu­ma-wis­pel­tu­rig­heid nie gaan op­droog nie. Die kor­po­ra­tie­we wê­reld sal wát wil gee om ie­mand van Gord­han se sta­tuur in sy ge­le­de­re te kry. Ge­beur dit eg­ter, is ons oor die af­grond en in ons ka­non. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.