Grond­wet die bes­te ge­vier as ’n skild teen mag

Beeld - - Kommentaar -

Die vie­ring van ons Grond­wet wat twee de­ka­des ge­le­de, op 8 Mei 1996, aan­vaar is, is ’n bit­ter­soet een. E­ner­syds het ons ’n pre­si­dent wie se op­tre­de al­ler­mins ge­tuig van ’n die­pe re­spek vir dié do­ku­ment waar­voor so­veel bloed ver­giet is. Trou­ens, in woord en in daad min­ag pres. Ja­cob Zu­ma so­wel die let­ter as die gees van die Grond­wet.

Sy uit­la­tings waar­mee hy dié min­ag­ting wê­reld­kun­dig maak, sluit al­ler­lei dwa­lin­ge in soos “die Grond­wet is nie God nie”, “die ANC is be­lang­ri­ker as die Grond­wet” en “die reg­bank kan nie vir die re­ge­ring voor­skryf nie”.

He­laas is dié min­ag­ting nie be­perk tot woor­de wat in ’n on­be­waak­te oom­blik ge­spreek word nie. Dit het part en deel ge­word van Zu­ma se da­de, soos ook by im­pli­ka­sie be­ves­tig is deur die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof se N­kand­la-uit­spraak dat Zu­ma nie sy grond­wet­li­ke plig na­ge­kom het nie. Die­self­de geld Zu­ma en sy re­ge­ring se be­sluit om doel­be­wus ’n hof­be­vel oor die uit­le­we­ring van pres. O­mar alBa­sjir van die Soe­dan te ig­no­reer. Die lys met sul­ke voor­beel­de is lánk.

Ge­luk­kig is daar ook ’n an­der kant van die munt. ’n Be­ter vie­ring van die Grond­wet kan daar kwa­lik wees as juis die wy­se waar­op die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof Zu­ma te­reg­ge­wys en be­veel het om ’n ge­deel­te van die N­kand­la-geld te­rug te be­taal. Hier­mee het hoof­reg­ter Mo­goeng Mo­goeng en sy reg­ters die grond­wet­li­ke ka­rak­ter van ons de­mo­kra­sie be­ves­tig en die le­wens­krag­tig­heid daar­van op ’n baie prak­tie­se ma­nier ont­sluit.

Die werk van ons grond­wet­skry­wers om wig­te en teen­wig­te (soos die o­pen­ba­re be­sker­mer en die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof) in te bou teen mags­mis­bruik, is in die prak­tyk ge­toets, en dié toets is ge­slaag.

Tog kan die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing nie ag­ter­oor­sit nie, want Zu­ma en die ANC sal voort­gaan om grond­wet­li­ke in­stel­lings te on­der­myn om­dat dit hin­der­nis­se vir mags­ver­gry­pe stel. Hier­teen moet ons nou­ge­set waak, juis met die Grond­wet as wa­pen. Dié do­ku­ment, met al sy de­mo­kra­tie­se be­gin­sels, reg­te en vry­he­de, hou im­mers nie daar­van om in ’n lug­leeg­te te ver­keer nie. Dit kry juis in­houd in die toe­pas­sing daar­van. Dit put krag uit die wy­se waar­op bur­gers dié do­ku­ment as ’n skild teen mags­mis­bruik vir hul­self op­eis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.