Kyk na die kerk se wel­syns­werk voor jy kri­ti­seer

Beeld - - Kommentaar -

Hen­da van der Mer­we, di­rek­teur CMR Gau­teng­Oos, skryf:

Ek on­der­steun Koos Ter­blan­che se skry­we “Gods­diens is na my me­ning ge­loof en goeie wer­ke” ( Beeld, 5 Mei).

Die kerk se diens van barm­har­tig­heid is le­gen­da­ries.

Ek moes al baie men­se reg­help in hul kri­tiek jeens die kerk en sal aan­hou om dit te doen.

Gaan kyk eers reg­tig wat word deur die kerk en kerk­li­ke wel­syns­or­ga­ni­sa­sies ge­doen voor daar ge­kri­ti­seer word.

Ten spy­te van die wur­gen­de e­ko­no­mie, gaan hier­die diens­te van om­gee meer as ooit voort. Dit is vir my per­soon­lik nog meer ver­stom­mend! Baie wel­syns­or­ga­ni­sa­sies oor­leef met stam­pe en kreu­ne en moet af­skaal.

In tye van nood is dit die kerk wat help sorg dat daar maat­skap­li­ke wer­kers is wat kan voort­gaan om hier­die ui­ters nood­saak­li­ke diens­te aan die weer­baar­stes en ge­ring­stes te le­wer.

Ek wil el­ke vry­wil­li­ger, el­ke per­soon wat on­ver­poosd voort­gaan om in ge­loof, maar met da­de, hier­die werk voort­sit, be­dank.

Jy weet wat­ter ver­skil jy maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.