Laat ons ons­self wees

Jong men­se voel oor A­fri­kaans soos die naam­ge­no­te van ’n reeks­moor­de­naar, skryf Je­a­nel­le G­rey­ling, ter­wyl Jan Bos­man sê SuidA­fri­ka­ners is soos see­koeie in ’n dam.

Beeld - - Mid­del­blad -

Hoe in­spi­reer jy ’n jong mens om ’n veer te voel vir ’n fig­ht wat spruit uit die ja­re waar­van hul ou­ers hul­le moet ver­tel?

Ons voel soos die naam­ge­no­te van ’n reeks­moor­de­naar wat vir e­wig ver­vloek sal wees weens sy da­de.

In ’n land waar werk en geld skaars is, blyk dit A­fri­kaans trek aan die kort end van die pri­o­ri­teits­lys.

Slegs die sterk­ste oor­leef, dus voel dié wat nie be­plan om te e­mi­greer nie dat ons maar ons moe­der(taal) se roks­pan­te moet los en die me­de­din­gend­ste taal aan­neem.

Ons wil nie ge­ï­den­ti­fi­seer word met ons ver­le­de van A­fri­ka­ner na­si­o­na­lis me­nie en A­fri­kaans kan maar cool­er word.

Op die Pot­chef­stroom-kam­pus van die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit (NWU), die mi­kro­kos­mos van die A­fri­kaan­se ge­meen­skap, was daar ver­le­de jaar nog A­fri­kaan­se s­tu­den­te wat be­reid was om vir hul taal te veg. Die s­tu­den­te het ’n nag­waak ge­hou en oom To­ti­us se stand­beeld be­skerm. Die stand­beeld is uit­ein­de­lik ver­wy­der en aan die Ge­re­for­meer­de Ker­ke in Suid-A­fri­ka (GK­SA) toe­ver­trou.

Hoe­wel die stand­beeld ou­kei is, het die A­fri­kaan­se s­tu­den­te mis­luk in hul doel­wit om dié i­koon op die kam­pus te hou.

Dit was die eer­ste keer in ja­re dat die A­fri­kaan­se s­tu­den­te op die NWU vir iets om­ge­gee het. A­fri­kaan­se s­tu­den­te op an­der kam­pus­se land­wyd is eg­ter heel a­pa­ties.

Die mees­te s­tu­den­te op Pot­chef­stroom praat A­fri­kaans, maar ons ly on­der die land­wye stig­ma wat aan A­fri­kaans kleef.

A­ka­de­mi­ci het be­gin van­jaar op die SuidA­fri­kaan­se A­ka­de­mie vir We­ten­skap en Kuns se spits­be­raad ook nie baie hoop ge­koes­ter nie. Leef op taal­ei­land Die A­fri­kaan­se ge­meen­skap word ge­bom­bar­deer met aan­ty­gings van wit be­voor­reg­ting, ras­sis­me en uit­slui­ting, ter­wyl kamp­veg­ters vir die taal jong men­se aan­moe­dig om vir hul her­koms te veg.

In­der­waar­heid stel ons nie eens be­lang in Suid-A­fri­ka se ve­tes vóór 1994 nie om­dat ons nie daar was nie.

Trou­ens, En­gels is as ge­spro­ke taal vir baie jong A­fri­kaans­spre­ken­des aan­lok­lik: In Bloem­fon­tein en P­re­to­ria is dit nie on­ge­woon vir’ n groep A­fri­kaans­spre­ken­de jong men­se om En­gels met me­kaar te praat nie!

Gro­ter mag­te is aan die werk en die jong ge­ne­ra­sie be­sef hul­le gaan die stryd ver­loor. Die taal sal in die vol­gen­de eeu ’n sta­di­ge dood sterf in­dien ons nie weg­doen met die tra­di­si­o­ne­le stig­ma oor A­fri­kaans nie.

Om die stig­ma van die taal as ’n on­der­druk­ker­staal te be­gra­we moet ons weg­doen met die sa­lig on­be­wus­te A­fri­kaan­se klieks deur in­heem­se ta­le aan te leer.

Ons doen dit nie doel­be­wus nie, maar ons leef op ons eie taal­ei­land. Ons te­ë­sin­nig­heid om ons ge­mak­so­ne te ver­laat, skep ver­vreem­ding.

Di tis nie ge­noeg om die A­fri­kaan­se let­ter­kun­de te be­vor­der of pri­va­te ho­ër on­der­wys­in­stel­lings te stig nie. Die taal sal bloot sy na­si­o­na­le me­de­din­gend­heid ver­loor en taal­klieks aan­moe­dig, waar kamp­veg­ters vir die taal slegs A­fri­kaans­spre­ken­des in­hul on­der­ne­mings aan­stel om­dat hul­le nie ge­rat is om in die uit­ge­brei­de sa­me­le­wing te oor­leef nie. Ou ooms kweek nie lief­de Boon­op is dit no­dig om die taal vir sy eie spre­kers weer cool te maak!

I­ni­si­a­tie­we soos die Vir­tu­e­le In­s­ti­tuut vir A­fri­kaans doen reeds won­der­li­ke werk, maar die groot werk lê by die ou­der­wet­se A­fri­kaans­spre­ken­des wat gra­sie en ver­an­de­ring in hul denk­wy­se moet toe­laat.

Ooms wat ou­er as ons pa’s is, gaan nie ’n lief­de vir A­fri­kaans by jong men­se kweek nie.

Ook nie die rand­fi­gu­re wat te­o­lo­gie stu­deer en By­bel on­der die arm rond­loop nie.

Die ge­wo­ne stu­dent is nie so voor­beel­dig nie: Ons drink te veel, vloek, wis­sel van ko­des en skop soms ons stu­die op.

Ons wil nie lees ten­sy iets mooi lyk nie en seks is ons guns­te­ling-on­der­werp.

In die in­lig­ting­se­ra be­staan daar nie so iets soos TMI ( too much in­for­ma­ti­on) nie.

Om­dat ons A­fri­kaan­se ou­ers die ge­sprek – die blo­te er­ken­ning van dié ei­en­skap­pe – ver­oor­deel, neig die li­be­ra­ler s­tu­den­te na die En­gel­se kant.

Dié ver­an­der­de A­fri­kaan­se ge­meen­skap hoef nie ver­keerd te wees nie, maar kan eer­der om­hels word as die nu­we ver­teen­woor­di­gers van die taal. G­rey­ling is re­da­keur van Wa­pad, stu­den­te­koe­rant van die Puk­kam­pus.

‘Ons, die men­se van Suid-A­fri­ka, glo SuidA­fri­ka be­hoort aan al­mal wat daar­in woon, ver­e­nig in ons ver­skei­den­heid.” So ver­klaar die aan­hef tot die 1996Grond­wet.

Dit moes se­ker­heid gee, maar van­dag is ons ver­bou­e­reerd, oor­ver­sig­tig, te bang om op to­ne te trap, oor­dre­we po­li­tiek kor­rek. En in die pro­ses gee ons by­na ons taal, A­fri­kaans, en ons i­den­ti­teit, A­fri­ka­ner­skap, op.

Die prys om i­den­ti­teit­lo­se en ver­en­gels­de Suid-A­fri­ka­ner te wees, raak te hoog. Be­grip en respek Die ge­sprek gaan lank­al nie oor A­fri­ka­ners of A­fri­kaans of Suid-A­fri­ka­ner nie.

Die ge­sprek be­hoort ook nie te gaan oor A­fri­kaans en wie be­sit­reg daar­op het of wie se kul­tuur­ba­te of kul­tuur­er­fe­nis dit is nie.

A­fri­kaans is slegs die me­di­um of in­stru­ment waar­deur ons kul­tuur uit­leef. Daar­om is A­fri­kaans nie ’n uit­slui­ten­de taal nie.

A­fri­kaans is en bly ’n we­ten­skap-, on­der­rig-, sa­ke-, kul­tuur-, a­ka­de­mie­se, skryf- en som­mer al­les-taal.

Die ge­sprek be­hoort te gaan oor die aan­vaar­ding van me­kaar. Maar meer as dit: be­grip en respek. Tus­sen A­fri­ka­ners, tus­sen A­fri­kaans­spre­ken­des en tus­sen Suid-A­fri­ka­ners.

Dit het ver­lo­re ge­raak in die ge­jaag na na­sie­bou en die prys­ga­we van i­den­ti­teit. In­ter­na­si­o­naal word kul­tu­re in die me­ta­foor van ’n ys­berg om­skryf. In die A­fri­ka-kon­teks is dit dalk meer ge­pas om die me­ta­foor van ’n see­koei te ge­bruik.

Daar is dui­de­li­ke e­le­men­te van ’n kul­tuur wat sig­baar is bo die op­per­vlak, as­ook dit wat min­der sig­baar is. Hier­in is so­veel e­le­men­te wat kul­tuur om­skryf, waar­on­der ge­drag, ge­woon­tes, waar­des, ge­loof, leef­wy­se, ge­drags­re­ëls, taal, tra­di­sies, ge­skie­de­nis en ve­le an­der. Som­mi­ge is meer be­wus­te­lik en an­der on­be­wus­te­lik. See­koeie in die­self­de dam Met bo­staan­de ver­ge­ly­king in ge­dag­te is ons dus in Suid-A­fri­ka me­ta­fo­ries soos ’n klomp see­koeie in die­self­de dam.

Die uit­da­ging is hoe ons al­mal in die­self­de dam gaan oor­leef. Be­vuil ons die wa­ter deur ons ge­veg­te met me­kaar, deur self­sug­tig om te gaan met ons den­ke en uit­spra­ke, deur oor­dre­we te trans­for­meer en met po­li­tie­ke kor­rekt­heid ge­ves­tig­de ruim­tes prys te gee? Deur ver­nie­ti­gend om te gaan met ta­le en in­stel­lings? Deur kwet­send en be­skul­di­gend om te gaan met ras? Só gaan daar nie oor­le­wing wees nie.

“Ver­e­nig in ons ver­skei­den­heid” be­te­ken dat ons me­kaar die ruim­te moet gee om i­den­ti­tei­te en kul­tuur te kan uit­leef en daar­deur uit­druk­king te gee aan Suid-A­fri­ka­ner­skap.

Net so moet daar ruim­te wees vir die veel­heid van kul­tuur­groe­pe om hul on­der­skeie kul­tu­re en i­den­ti­tei­te vol­le­dig uit te leef. Dan gaan dit nie meer oor oor­le­wing nie, maar oor uit­le­wing.

Ons al­mal, wit en swart, X­ho­sa, En­gels of A­fri­kaans of A­fri­ka­ner, staat of bur­ger­li­ke sa­me­le­wing sal har­der moet werk om in­houd te gee aan be­grip, aan­vaar­ding en respek vir die ver­stren­geld­heid van Suid-A­fri­ka se di­ver­si­teit.

Suid-A­fri­ka is tot so­veel meer in staat as die ver­skei­den­heid van Suid-A­fri­ka­ners net toe­ge­laat sou word om hul­self te wees. Om ’n Suid-A­fri­ka­ner te wees be­te­ken nie prys­ga­we van ons i­den­ti­teit as A­fri­ka­ners of A­fri­kaans­spre­ken­des nie. In­teen­deel, ons moet ons i­den­ti­tei­te vol­le­dig en son­der in­per­king kan uit­leef.

Prof. Ma­ri­nus Wie­chers, die grond­wet­ken­ner, het by ge­leent­heid ge­skryf: “Ge­bruik van sy taal en uit­le­wing van sy kul­tuur is se­ker­lik van die be­lang­rik­ste ma­nie­re waar­deur die mens sy mens­waar­dig­heid uit­leef en be­ves­tig. Mis­ken­ning van die in­di­vi­du se reg op taal en kul­tuur is dus ’n mis­ken­ning van die in­di­vi­du se in­he­ren­te reg op mens­waar­dig­heid.”

As ons in die Suid-A­fri­kaan­se dam wil oor­leef, sal ons ons moet skaar aan die kant van die­ge­ne wat net soos ons be­sef dat ons me­de­af­hank­lik is van me­kaar.

By­ge­sê, dit moet in ’n be­de­ling wees waar daar ruim­te is vir elk­een en waar­in elk­een hom­self kan uit­leef met er­ken­ning van mens­waar­dig­heid.

As die­ge­ne wat die slui­se wil oop­trek of beur teen die wal­le deur ag­gres­sie en al­les wil kop­pel aan #*Mus­tFall hul sin kry, gaan ons al­mal mee­ge­sleur word in’ n ver­nie­ti­gend een on­keer­ba­re vloed. A­fri­ka­ner, A­fri­kaans­spre­ken­de, X­ho­sa, Sotho, wit, swart, bruin – ons het me­kaar no­dig. Bos­man is hoof­se­kre­ta­ris van die A­fri­ka­ner­bond.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.