Goeie Nuus

Daar’s ge­na­de as jy val

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

Soms kry jy jou ge­loof reg, an­der ke­re nie.

Be­doe­len­de jy be­leef soms jy loop koers­vas op die He­re se pad soos wat Hy van jou vra.

Maar dan breek daar­die wind­stil dae aan waar net mooi niks reg loop nie.

Jy ver­loor jou hu­meur ie­wers langs die pad en kan dit net nie weer op­ge­spoor kry nie.

Jy strui­kel oor een of an­der goor ge­woon­te of son­de. Of jou ge­be­de is skie­lik so le­we­loos as wat kan kom. Wat dan ge­maak? Wel, 1 Jo­han­nes 2 het die ant­woord: Chris­tus is al­tyd en o­ral ons ge­na­di­ge toe­gangs­roe­te tot God.

Hy is die Een by wie se voe­te ons ons eie ge­bro­ken­heid al­tyd kan par­keer. Hy is nog­maals be­reid om van voor af te be­gin met ons. Hy maak ons pad God­waarts el­ke keer ge­lyk. Nee, Chris­tus gee nie aan ons ’n vry­pas tot droog­maak nie, maar Hy waar­borg sy ge­na­de wan­neer ons stuk­kend by Hom op­daag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.