Twee Pro­te­as glo hul­le is be­ter ná draai in En­ge­land

Beeld - - S­port - Ru­an Bru­wer Kar­la Mos­tert

Bloem­fon­tein. – Die Pro­te­as kan vol­gen­de maand reeds die vrug­te pluk van die paar maan­de wat twee van hul ster­spe­lers in En­ge­land deur­ge­bring het.

Le­ni­ze Pot­gie­ter en Kar­la Mos­tert was reeds s­pe­lers van wê­reld­ge­hal­te voor hul­le vir vyf maan­de in En­ge­land be­roeps­net­bal gaan speel het, maar al­bei is van me­ning hul­le het as aan­sien­lik meer af­ge­ron­de s­pe­lers te­rug­ge­keer.

Die twee Suid-A­fri­ka­ners het ’n groot aan­deel in die klub­span Bath se der­de plek in die En­gel­se Su­per­liga ge­had.

Mos­tert, ’n ver­de­di­ger, was twee keer die S­pe­ler van die Wed­stryd en Pot­gie­ter het met 372 uit 426 doel­po­gings ge­slaag vir ’n uit­ste­ken­de doel­ge­mid­del­de van 87%.

Al­bei het gis­ter ge­sê die ver­wag­tin­ge wat hul­le voor­af ge­had het, is oor­tref.

Vol­gens Pot­gie­ter is daar nie ’n groot ver­skil tus­sen die oe­fen­pa­tro­ne nie.

“Die groot­ste ver­skil is hoe s­pe­lers daar se be­ne vir wed­stry­de ge­spaar word. Jy doen nie veel hard­loop­werk nie, maar ry eer­der fiets.

“Ons het om­trent ewe veel tyd aan aan­val as ver­de­di­ging span­deer.”

Pot­gie­ter het ge­sê die groot­ste kon­tras op die baan tus­sen die plaas­li­ke Bru­tal Fruit-reeks en die Su­per­liga is dat laas­ge­noem­de meer fi­siek is.

“Daar word min­der vir kon­tak ge­blaas wat jou dwing om ster­ker te word. Die pas van wed­stry­de is nie juis veel vin­ni­ger as hier nie. Die feit dat s­pe­lers van lan­de soos Ni­euSee­land en Ja­mai­ka ook in die li­ga speel, het tot die in­ten­si­teit van die wed­stry­de by­ge­drae,” het die 22-ja­ri­ge P­re­to­ri­a­ner ge­sê.

Mos­tert, van die Vry­staat, is van me­ning s­pe­lers kon nooit in ’n ge­mak­so­ne ver­val nie van­weë die in­ten­se me­de­din­ging om plek­ke en diep­te waar­oor span­ne be­skik het.

“Dit het jou op jou to­ne ge­hou. Om saam met van En­ge­land se top­spe­lers te speel, het die bes­te uit my ge­bring. Hul­le span­deer nog­al baie tyd in die Su­per­liga aan ont­le­ding van wed­stry­de. Jy moet ook jou eie spel ont­leed en te­rug­voer gee.

“Die oe­fe­nin­ge is kort, maar teen ’n hoë in­ten­si­teit.”

Oor hoe die twee reek­se ver­ge­lyk, het Mos­tert ge­sê dis be­lang­rik om in ge­dag­te te hou dat dit van­jaar die 11de weer­ga­we van die Su­per­liga was teen­oor die Bru­tal Fruit wat nou eers in sy der­de jaar is.

) ’n Be­dry­wi­ge pro­gram lê van­jaar vir die Pro­te­as voor, met Wal­lis wat reeds oor ’n maand hier ’n toets­reeks kom speel. La­ter wag Ja­mai­ka, En­ge­land, Aus­tra­lië én Nieu-See­land.

Le­ni­ze Pot­gie­ter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.