T­wee­ling wil nie weer twee­de vi­ool speel

Beeld - - S­port - – S­port­re­dak­sie

Kaap­stad. – Die pad be­hoort aan hul­le.

Dít is wat die P­ha­lu­la-t­wee­ling Son­dag hier wil be­wys wan­neer hul­le aan­tree vir die FNB Ca­pe To­wn 12 O­ne­run-pad­wed­loop.

Le­bo en Le­bo­gang P­ha­lu­la moes die af­ge­lo­pe Sa­ter­dag toe­kyk hoe Ir­vet­te van Zyl hul­le in die S­par-wed­loop oor 10 km in Port E­li­za­beth klop.

Die me­de­din­gen­de twee­ling­lang­a­sems was ver­le­de jaar die eer­ste Suid-A­fri­ka­ners oor die eind­streep – hul­le het der­de en vier­de ge­ëin­dig.

Le­bo is in Fe­bru­a­rie as die SA 10 km­kam­pi­oen ge­kroon. Maar toe sy Van Zyl in Maart vir die eer­ste keer van­jaar die stryd oor 3 000 m aan­sê by ’n Aand­by­een­koms van At­le­tiek Suid-A­fri­ka, kon sy nie by­bly nie. Van Zyl het 9:11.51 aan­ge­te­ken teen­oor Le­bo se 9:19:05.

In A­pril was dit Le­bo­gang se beurt om Van Zyl te pak. Van Zyl het die eer­ste by­een­koms in die S­par-reeks in Kaap­stad ge­wen, ter­wyl Le­bo­gang der­de klaar­ge­maak het.

Die P­ha­lu­la-sus­ters sal dus nie te­vre­de wees om Son­dag weer twee­de vi­ool te speel nie.

Die wed­loop oor 12 km be­gin om 09:00 by Wood­brid­ge Is­land in Mil­ner­ton en ein­dig in die Kaap­stad­se mid­de­stad.

Net 15 000 at­le­te en stap­pers word toe­ge­laat en in­skry­wings het reeds ge­sluit.

“Ons was ver­le­de jaar die voor­ste Suid-A­fri­kaan­se at­le­te en wil be­slis daar­die sta­tus be­hou.

“Ons weet Van Zyl is tans skit­te­rend op dreef en dit sal baie verg om haar te klop. Ons deins nie te­rug vir die uit­da­ging nie,” het Le­bo en Le­bo­gang in ’n ver­kla­ring ge­sê.

In die mans­wed­loop is S­te­phen Mo­ko­ka en El­roy Ge­lant twee plaas­li­ke at­le­te wat sal pro­beer om die oor­se­se aan­slag af te weer.

Twee Ke­ni­a­ne, Em­ma­nu­el Bett en Da­niel Sa­lel, was ver­le­de jaar in ’n ver­be­te stryd be­trok­ke. Bett is as die wen­ner aan­ge­wys, maar al­bei se tyd was 33:32. Ti­mothy Toroi­tich van U­gan­da het der­de ge­ëin­dig.

Ge­lant was die eer­ste SuidA­fri­ka­ner. Hy het vyf­de ge­ëin­dig in 34:51.

Le­bo­gang P­ha­lu­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.