Draai­ers se kamp weer in In­dië

Beeld - - S­port - Jo­hann de Ja­ger Die kol­wers is:

Bloem­fon­tein. – Die jaar­lik­se draai­bal­boul-oe­fen­kamp vir be­lo­wen­de Suid-A­fri­kaan­se draai­ers sal vir die eer­ste keer se­dert 2012 weer in In­dië aan­ge­bied word.

K­rie­ket Suid-A­fri­ka het gis­ter aan­ge­kon­dig ’n groep van agt draai­bal­bou­lers en ses kol­wers gaan hul vaar­dig­he­de van 14 tot 21 Mei in Moem­bai slyp.

Die jaar­lik­se oe­fen­kamp, voor­heen on­der lei­ding van die oud-Pro­tea Nic­ky Bo­jé, is in 2012 in Ban­ga­lo­re ge­hou.

Die 2013-kamp was in Sri Lan­ka en ver­le­de jaar s’n by die ho­ë­pres­ta­sie­sen­trum in P­re­to­ria.

Die feit dat dit nou weer in In­dië aan­ge­bied word, sal ver­wel­kom word.

Die Pro­te­as het in ver­le­de jaar se toets­reeks in dié land le­lik klei­ge­trap teen die In­die­se draai­ers.

Die na­si­o­na­le keur­ders het dié keer die s­pe­lers vir die kamp ge­kies, het Vin­nie Bar­nes, KSA se ho­ë­pres­ta­sie­be­stuur­der, ge­sê.

“Si­mon Har­mer, Da­ne Piedt, P­re­na­len Su­bray­en en Kes­hav Ma­ha­raj was al­mal voor­heen op hier­die oe­fen­kam­pe en het eer­ste­hands ge­sien hoe voor­de­lig dit is om met In­die­se draai­boul­af­rig­ters te werk.”

Bo­jé is in­tus­sen deur die Pro­te­as se draai­ers­brei­er Clau­de Hen­der­son ver­vang.

Bo­jé het hom reeds tot ’n an­der oe­fen­kamp van­dees­maand in In­dië saam met on­der an­de­re Da­vy Ja­cobs, Des­mond Hay­nes en Court­ney Walsh ver­bind.

Die agt draai­bal­bou­lers is:

B­jorn For­tuin (Li­ons), Si­mon Har­mer (War­ri­ors), Ge­or­ge Lin­de (Ca­pe Co­bras), Kes­hav Ma­ha­raj (Dolphins), Ts­he­po N­tu­li (K­nig­hts), Aa­ron P­han­gi­so (Li­ons), Da­ne Piedt (Ca­pe Co­bras), P­re­ne­lan Su­bray­en (Dolphins).

Tem­ba Ba­vu­ma (Li­ons), Ree­za Hen­dricks (Ti­tans), S­man­ga­li­so Nhle­be­la (KZN­Bin­ne­land), Hec­tor N­go­be­ni (Lim­po­po), S­ti­aan van Zyl (Ca­pe Co­bras), Da­ne Vi­las (Ca­pe Co­bras).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.