In­do­ne­sië wil Mour­in­ho as brei­er hê

24 uur

Beeld - - S­port - – Reu­ters

Ja­kar­ta. – In­do­ne­sië wil hê die voor­ma­li­ge af­rig­ter van C­hel­sea, José Mour­in­ho, moet sy suk­ke­len­de na­si­o­na­le sok­ker­span af­rig.

I­mam Nahra­wi, In­do­ne­sië se sport­mi­nis­ter, het ge­sê hy het reeds die voor­stel met die land se pre­si­dent, Jo­ko Wi­do­do, be­spreek.

As Mour­in­ho nie die pos wil hê nie, is C­hel­sea se waar­ne­men­de brei­er, Guus Hid­dink, in die In­do­ne­si­ërs se vi­sier.

FI­FA het In­do­ne­sië ver­le­de jaar uit in­ter­na­si­o­na­le sok­ker ge­skors om­dat die re­ge­ring glo te veel in die s­port in­meng.

Die In­do­ne­sie­se re­ge­ring het boon­op die plaas­li­ke reeks stop­ge­sit om­dat daar “kom­mer oor die ei­e­naar­skap” van twee klubs is.

Mour­in­ho is in De­sem­ber deur C­hel­sea as af­rig­ter ge­pos. Hy het ge­sê hy wil ver­kies­lik by ’n klub be­trok­ke raak.

War­bur­ton lei Wal­lis teen En­gel­se, All Blacks

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.