Jer­re­my wiill van voorr l­leii

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Kaap­stad. – Wie, ek?

Dit was gis­ter die re­ak­sie van die Oos­Ka­pe­naar Je­re­my Ward toe hy aan­ge­wys is as die kap­tein van die Jong Bok­kies wat aan die o.20­Wê­reld­toer­nooi in B­rit­tan­je gaan deel­neem.

Ward, kap­tein van die Oos­te­li­ke Pro­vin­sie se o.19­span wat ver­le­de jaar se Cur­rie­be­ker­reeks vir o.19­span­ne ge­wen het, sal voor draf in die Groen en Goud wan­neer die Bok­kies van 7 Ju­nie a fin Man­ches­ter Wê­reld­be­ker­glo­rie jaag.

Da­wie T­heron, die af­rig­ter van die Suid­A­fri­kaan­se o.20­span, het ’n groep van 28 jon­ge­lin­ge aan­ge­kon­dig vir die toer­nooi.

Ward het ge­sê dit was ’n groot ver­ras­sing toe hy by die Suid­A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) se kan­toor in Plat­te­kloof hoor dat hy die kap­tein sal wees.

“Daar is so baie an­der goeie lei­ers in die groep dat ek reg­tig ver­baas was om te hoor dat die af­rig­ter so­veel ver­troue in my ver­moë as ’n lei­er het,” het Ward ge­sê. “Dis ’n groot eer en ek wil graag die stan­daar­de van die vo­ri­ge ja­re se lei­ers hand­haaf.”

Ward glo sy af­rig­ter by die OP­Kings, Rob­bie Kemp­son, sal hom en sy OP­span­maats in die Bok­kie­groep met ’n “koue bier” in­wag wan­neer hul­le van Man­ches­ter af te­rug­keer.

“Ek dink hy kan nie wag om ons uit te neem en ons (in­slui­ting in die o.20­groep) te vier nie. Hy en M­z­wan­di­le S­tick (die nu­we S­pring­bok­hulp­af­rig­ter) het baie ver­troue in ons ge­plaas en ons aan­ge­spoor om ons doel­wit­te te be­reik toe hul­le ons in ver­le­de jaar se o.19­toer­nooi af­ge­rig het.

“Ons het be­wys dat jy steeds raak­ge­sien kan word en dit glad nie saak maak vir wat­ter span jy speel nie.”

Ward is een van ses OP­spe­lers in die Jong Bok­kie­groep.

Ook van die Oos­Kaap is die agt­ste­man Ju­ni­or Po­ko­me­la, wat as ’n me­de­on­der­kap­tein aan­ge­wys is saam met die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie­slot Ernst van R­hyn. Die WP het se­we spe­lers in die groep en die Blou Bul­le spog met tien spe­lers. Die Haaie en Vry­staat het twee elk en die Goue Leeus een. T­heron het van­jaar ’n baie jong groep ge­kies, met die Blou Bul­sen­ter JT Jack­son en Leeusskrum­ska­kel Mar­co Jan­sen van Vu­ren die e­nig­ste spe­lers wat in ver­le­de jaar se toer­nooi in I­ta­lië ge­speel het. Die Bok­kies speel Vry­dag by Wits in hul eer­ste oe­fen­wed­stryd teen die Goue Leeus se o.19­ en o.21span. Hul WB­veld­tog skop op 7 Ju­nie met ’n wed­stryd teen Ja­pan af. Daar is 13 swart spe­lers in die groep van 28 – twee meer as die 11 wat ver­le­de jaar in I­ta­lië ge­toer het.

‘‘ Ons het be­wys dat jy steeds raak­ge­sien kan word en dit glad nie saak maak vir wat­ter span jy speel nie. — JE­RE­MY WARD

Fo­to: JA­CO MA­RAIS

Die Oos­Kaap­se sen­ter Je­re­my Ward is die nu­we kap­tein van die Jong Bok­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.