Nee dan­kie vir Ha­ne, S­te­ven wil ’n Bok word

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Kaap­stad. – “Ek drink ’n y­skoue bier en waar­deer Frank­ryk.”

Hoe­veel be­ter kan dit dan nou met ’n man gaan as wat dit gis­ter met S­te­ven Kitshoff ge­gaan het, wat dees­dae in die kleu­re van Bor­deaux-Beg­les vas­kop­stut­te in die Fran­se Top14-li­ga sag­maak?

Om die kroon te span, is sy mei­sie, Ai­mee, saam met hom en die 30 mi­nu­te van dié stad na na­by­ge­leë wyn­pla­se her­in­ner die 24-ja­ri­ge Kitshoff baie aan die le­we in S­tel­len­bosch.

Tog is daar van­weë ’n on­ver­vul­de harts­be­geer­te ’n ef­fen­se hol ge­voel.

“My groot­ste doel­wit is om toets­rug­by te speel en ek hoop van har­te dis vir die S­pring­bok­ke,” het hy gis­ter o­pen­har­tig ge­sê.

Daar is die moont­lik­heid dat hy met­ter­tyd kan kwa­li­fi­seer om vir Frank­ryk te speel, maar Kitshoff sê hy is ’n “trot­se SuidA­fri­ka­ner”. “My hart is Groen en Goud.” Aan spel­peil ge­meet in ver­le­de jaar se Su­per-reeks, het SuidA­fri­ka nie ’n be­ter los­kop­stut as Kitshoff ge­had nie. Dis ook te be­twy­fel of daar nou een is, maar die feit dat Kitshoff in Frank­ryk speel, dwing die Bok­af­rig­ter, Al­lis­ter Coet­zee, om ap­pels met pe­re te ver­ge­lyk voor Ju­nie se toets­reeks teen Ier­land.

Moet dus nie ver­baas wees nie as Coet­zee hou by die er­va­re Ten­dai M­ta­wa­ri­ra en T­re­vor Ny­a­ka­ne.

Kitshoff was ver­le­de jaar bit­ter on­ge­luk­kig om hom in ’n soort­ge­ly­ke po­si­sie te be­vind. Hy is deur die vo­ri­ge Bok-af­rig­ter, Hey­ne­ke Mey­er, be­trek, maar toets­rug­by was hom nie be­sko­re nie.

“Dit was frus­tre­rend, maar ek het ge­leer en as mens ge­groei. Ek het my kant ge­bring, maar dit was nie goed ge­noeg nie,” het Kitshoff ge­sê.

Hy er­ken dit sal moei­lik wees om ’n saak uit te maak dat hy uit die Fran­se li­ga vir die Bok­ke ge­kies moet word, maar Kitshoff hoop om sy stan­daar­de te lig tot ’n vlak waar dit vir Coet­zee aan­lok­lik ge­noeg sal wees.

Coet­zee se ag­ting vir Kitshoff spruit daar­uit dat hy hom in 2011 as l9-ja­ri­ge vir die S­tor­mers ge­kies het.

“Ek het dit baie ge­niet om on­der Al­lis­ter te speel. Hy het my nie net baie oor rug­by ge­leer nie, maar ook van mens­wees,” het Kitshoff ge­sê.

Dat die S­tor­mers hom mis, ly min twy­fel nie. Kitshoff meen hy is nou ’n be­ter s­pe­ler as ver­le­de jaar toe hy et­li­ke van die Sui­de­li­ke Half­rond se voor­ste vas­kop­stut­te ver­niel het.

“Die skrums is taai­er in Frank­ryk. Hul­le hou lan­ger aan en daar is by el­ke oe­fe­ning ’n fo­kus daar­op.

“Daar is ook meer skrums in wed­stry­de. My spel het hier ont­wik­kel en ek het baie ge­leer oor skrum­werk.”

(Al­lis­ter) het my nie net baie oor rug­by ge­leer nie, maar ook van mens­wees — S­TE­VEN KITSHOFF

Fo­to: GETTY IMAGES

Dit verg ’n span­po­ging om dié se­der neer te vel . . . Die rooi­kop­stut S­te­ven Kitshoff het die laas­te paar maan­de be­ïn­druk in die kleu­re van Bor­deaux­Beg­les.

Fo­to: GALLO

Kitshoff was ver­le­de jaar in die Bok­oe­fen­groep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.