Garth én Pat kry dalk kans

A­pril moont­lik in Le Roux se plek

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Die o­plos­sing vir die Haaie-af­rig­ter, Ga­ry Gold, se lek­ker los­ska­kel-ta­me­le­tjie is dalk om die heel­ag­ter Wil­lie le Roux ’n blaas­kans te gee.

Die Dur­ba­nie­te ver­trek van­og­gend vroeg Bu­e­nos Ai­res toe vir Sa­ter­dag se krag­me­ting teen die Ja­gua­res – en Gold het laat deur­ske­mer dat hy die jong Garth A­pril mis­kien in SuidA­me­ri­ka met die nr. 15-trui gaan ver­trou.

Met Pat Lam­bie se te­rug­keer van ’n be­se­ring is die los­ska­kel-po­si­sie nou ’n bie­tjie van ’n kop­seer vir Gold. A­pril het uit­ste­kend ge­vaar as die Haaie se ge­ne­raal, en niks ge­doen om sy weg­la­ting uit die span te reg­ver­dig nie.

“Hoe sê jy nou vir ie­mand (A­pril) wat sy rug­by só ge­niet en sul­ke goeie spel le­wer en net be­gin blom hy gaan nie Sa­ter­dag speel nie?” wou Gold gis­ter weet.

Dit gaan dalk die on­be­ny­dens­waar­di­ge taak wees wat op die af­rig­ter wag sou hy Lam­bie op los­ska­kel in die be­gin­span kies bo A­pril.

Hy het eg­ter laat deur­ske­mer dat hy dalk daar­aan kan dink om A­pril na heel­ag­ter te skuif en Le Roux die rus­kans te gee wat hy voel hy ver­dien.

A­pril het die mees­te van sy rug­by so­ver as heel­ag­ter ge­speel en dra nou maar eers die af­ge­lo­pe twee jaar die nr. 10trui.

Gold het er­ken hy dink ook daar­aan om Lam­bie dalk as bin­ne­sen­ter te ge­bruik langs A­pril, hoe­wel hy tog sê hy hou nie daar­van om té veel te skom­mel aan sy span nie.

Vol­gens die af­rig­ter bied hul reis­pro­gram uit­da­gings aan die span, maar sal hul­le dit nie as ’n ver­sko­ning ge­bruik nie.

Hul­le het min­der as tien dae ge­le­de te­rug­ge­keer van hul toer na Nieu-See­land, en ver­trek van­og­gend na die an­der­kant van die wê­reld.

“Dit het nog nooit voor­heen met ons ge­beur dat ons van ’n toer na Nieu-See­land moes te­rug­keer en dan som­mer net ’n week la­ter weer op ’n vlieg­tuig klim en in ’n heel­te­mal an­der rig­ting vlieg nie.

“Dit is da­rem ’n goeie ding dat ons ’n dag­vlug het en ook op wat ge­woon­lik ons af­dag is vlieg,” sê Gold.

“Ons het da­rem lank reeds ge­weet wat ons reis­pro­gram sal wees en het daar­vol­gens voor­be­rei,” sê Od­wa N­dun­ga­ne.

Gold sê die Haaie sal niks an­ders as hul bes­te spel­peil as deel van hul ba­ga­sie op die vlug moet hê nie.

“Die se­ge oor die Hur­ri­ca­nes was baie be­lang­rik vir ons self­ver­troue. Hier­die is ’n straw­we kom­pe­ti­sie.

“Ver­al die groep waar­in ons is, is ge­wel­dig taai. Ons is nie eens een van die span­ne wat soos sa­ke nou staan kwa­li­fi­seer vir die uit­speel­stry­de nie, maar tog het ons meer pun­te as e­ni­ge van die Aus­tra­lie­se span­ne. Met die Ja­gua­res ook in ons groep, is hier­die wed­stryd van groot be­lang.

“Ons moet ons­self ook nie pro­beer bluf en dink hier­die krag­me­ting teen hul­le gaan e­nig­sins min­der fi­siek wees as teen die vier Nieu-See­land­se span­ne waar­teen ons die af­ge­lo­pe maand ge­speel het nie.

“Ons moet die­self­de in­ge­steld­heid hê as teen al die Nieu-See­land­se span­ne,” sê hy.

Lam­bie, wat er­ken het hy was ef­fe ver­roes in die net min­der as ’n half­uur wat hy teen die Hur­ri­ca­nes ge­speel het, het ge­sê hy is bly om net weer te kan speel en dink nie eens daar­aan dat hy die kap­tein­skap kan oor­neem nie.

“Ek dink ook nie om daar­heen te vlieg gaan so­veel van ’n pro­bleem wees nie. Dit gaan veel moei­li­ker wees om te­rug te vlieg en die wed­stryd daar­na kan moei­lik wees met die ou­ens wat aan uit­put­ting kan ly ná al die tyd in die lug,” sê Lam­bie.

) Gold het be­ves­tig dat die slot E­tien­ne Oost­hui­zen Sa­ter­dag eers op­diep laas ver­van­ger­bank sal sit.

Gi­ant M­ty­an­da sal ook ná sy be­se­ring dalk weer speel­kans kry.

Fo­to: GETTY IMAGES

Garth A­pril se skit­ter­spel vir die Haaie in die los­ska­kel­po­si­sie laat sy af­rig­ter, Ga­ry Gold, nou kop­krap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.