Wag­te keer mo­tor­die­we vas

Beeld - - Tshwane Beeld - Han­ti Ot­to

S­pan­werk tus­sen vei­lig­heids­wag­te het vier mo­tor­die­we se on­wet­ti­ge in­ko­pie­tog die na­week bui­te die Ko­lon­na­de-win­kel­sen­trum in Mon­ta­na­park, P­re­to­ria, blit­sig kort­ge­knip.

Mo­ni­que Jan­se van Rens­burg, woord­voer­der van die win­kel­sen­trum, sê ’n wag het Sa­ter­dag die on­der­dak par­keer­plek ge­pa­trol­leer toe hy vier man sin’ n Toyo­ta Hi­lux-bak­kie op­merk.

“Hul be­we­gings en op­tre­de het ver­dag ge­lyk. Hy het die be­heer­kan­toor ge­kon­tak wat ver­ster­kings ge­stuur het.”

Toe die die­we ag­ter­kom hul­le is be­trap, het hul­le laat spaan­der. Van hul­le het in ’n Ford Fies­ta ge­spring, maar uit­ge­spring toe hul­le voor­ge­keer word. Hul­le het in ver­skil­len­de rig­tings op die oop par­keer­ter­rein ge­hard­loop.

Teen dié tyd het vei­lig­heids­wag­te van die sen­trum op vier­wiel mo­tor­fiet­se en­te voet ver­sprei. Par­ty het die uit­gang s hek­ke bin­ne se­kon­des toe­ge­druk. An­der het ag­ter die voort­vlug­ti­ges aan­ge­storm.

Van die skelms is beet­ge­kry toe hul­le – nou vas­ge­keer op die sen­trum se par­keer­ge­bied – oor die hei­ning pro­beer klou­ter het.

“Die vier is aan­ge­keer en die po­li­sie is ont­bied. In die Fies­ta is goed soos mo­tor­sleu­tels en e­lek­tro­nie­se toe­rus­ting ge­vind. Ons het ge­hoor dié mo­tor was ver­moe­de­lik vroe­ër by die dief­stal van ’n an­der Hi­lux be­trok­ke,” sê Jan­se van Rens­burg.

Die skelms het ook ’n Golf op die par­keer­ter­rein ge­had. Hier­in het die po­li­sie tal­le sel­fo­ne en hand­skoe­ne ge­kry.

Sers. Sam S­hi­bam­bo, po­li­sie­woord­voer­der, het be­ves­tig dat vier mans op aan­klag van po­ging tot mo­tor­dief­stal ge­ar­res­teer is.

Fo­to: VER­SKAF

’n Mo­to­ris het dié fo­to ge­neem in die Ko­lon­na­de­win­kel­sen­trum se on­der­dak­par­ke­ring ter­wyl een van die mo­tor­die­we se weg­kom­mo­tors, ’n Ford Fies­ta, deur­soek word. Die Fies­ta was am­per­am­per on­der die val­boom deur voor­dat die die­we uit­ge­spring en pro­beer weg­hard­loop het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.