Be­skerm klein­sa­ke, sê DA­man

Beeld - - Tshwane Beeld - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

Dit is klein on­der­ne­mings wat die land se e­ko­no­mie laat groei en as hul­le dood­ge­maak word, maak ons ons eie toe­koms dood, sê Sol­ly M­si­man­ga, die DA se bur­ge­mees­ter­skan­di­daat in Tshwa­ne.

Hy het klein han­de­laars on­langs by die Tshwa­ne-vars­pro­duk­te­mark be­soek om vas te stel hoe die droog­te hul sa­ke raak en wat hul groot­ste pro­ble­me is.

Ju­lie Ka­ra sê sy werk al ja­re lank daar.

“My ou­pa­groot­jie het ook ver­koop. Ons het so groot­ge­word.

“Dit is om­trent ’n ge­suk­kel as die stad se smou­se van die sy­paad­jies ver­jaag word. Ons koop van die groot mark en ver­koop aan die smou­se wat op sy­paad­jies en in die towns­hips aan die pu­bliek ver­koop. As hul sa­ke in die moei­lik­heid is, dan suk­kel ons ook,” sê Ka­ra.

Jo­han­na Moyo, wat ook by dié mark werk, sê die droog­te het sa­ke moei­li­ker ge­maak.

“Din­ge is on­ge­loof­lik duur en die pry­se wis­sel al­tyd. As jy 100 bok­se vrug­te teen ’n se­ke­re prys ge­koop het en die prys val die vol­gen­de dag, moet jy ook jou pry­se ver­laag, on­ge­ag hoe­veel jy daar­voor be­taal het,” sê sy.

Vol­gens M­si­man­ga moet die Tshwa­ne-mark oop­ge­stel word vir die pu­bliek en nie net dié met spe­si­a­le per­mit­te nie.

Die Tshwa­ne-me­tro was teen druk­tyd nie be­reik­baar vir kom­men­taar nie.

Fo­to: THAPELO MAPHAKELA

Sol­ly M­si­man­ga, DA­bur­ge­mees­ter­skan­di­daat vir Tshwa­ne, help on­langs om bok­se aan te dra by die Tshwa­ne­mark ter­wyl hy met die wer­kers ge­sels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.