Oud­reg­ter sê hy is nie kwaai nie, ‘net streng’

Beeld - - Tshwane Beeld - Syl­via van Zyl

Van die “kwaai” reg­ter wat me­ni­ge mis­da­di­ger se broek laat be­we het, is daar nie spra­ke toe oud­reg­ter Kees van Di­jk­horst die deur van sy prag­huis in Rieton­da­le oop­maak nie.

Van Di­jk­horst (81), wat tot sy af­tre­de in 2000 ’n ge­vrees­de reg­ter van die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria was, meen eg­ter hy was nie kwaai nie – net streng.

“Ek is maar ’n bie­tjie pun­te­ne­rig en van me­ning dat iets van die be­gin af reg ge­doen moet word. Dit kan soms tot kon­flik lei,” lag hy.

Van Di­jk­horst het dan ook heel­wat ver­steek­te ta­len­te.

Nie net is hy ’n deur­win­ter­de a­von­tu­rier nie, maar ook ’n ta­lent­vol­le skry­wer. Sy eer­ste ro­man, Kro­niek van Don­ker­hoek, het on­langs die lig ge­sien.

Die ver­haal speel af op die plaas van die Vor­sters op die pla­to­rand van M­pu­ma­lan­ga met die fo­kus op die bos­bou­be­dryf.

Bos­bran­de, vee­dief­stal en die stryd om be­sit­reg, wat uit­ein­de­lik tot ’n ras­setwis en moord lei, is ’n paar van die kin­kels in dié boek.

Hoe­wel Van Di­jk­horst sê die boek is glad nie ’n bi­o­gra­fie van e­ni­ge aard nie, skryf hy wel uit er­va­ring.

“Ek het self ’n plaas tus­sen Er­me­lo en Piet Re­tief, waar ek met den­ne­bo­me boer. Ek ken die ver­woes­ting van bran­de, droog­te en vee­dief­stal maar al te goed.

“My vrou se neef is ook op ’n plaas ver­moor en my buur­man op die plaas langs my­ne is ’n maand ge­le­de ver­moor,” sê hy.

Van Di­jk­horst het die boek aan en af oor ’n tyd­perk van agt jaar ge­skryf.

“Ek het die boek klaar ge­skryf, maar die ein­de was vir my só on­be­vre­di­gend. Die boek het op ’n baie pes­si­mis­tie­se noot ge­ëin­dig. Ek het die boek toe in ’n hoek ge­gooi en hom ’n ruk ge­los.

“La­ter het ek hom gaan op­tel en die dooie hoek uit­ge­skryf – die boek het ook am­per ver­dub­bel,” lag hy.

Van Di­jk­horst en sy vrou, Non­na (80), met wie hy al 55 jaar lank ge­troud is, het die wê­reld al plat­ge­reis en selfs vier keer met sy Land Ro­ver deur A­fri­ka tot in Lon­den, Da­kar, U­gan­da en La­mu in Ke­nia ge­ry. Die twee het ook C­hi­na, Pa­ki­stan, Rus­land, die A­me­ri­kas en Eu­ro­pa met o­pen­ba­re ver­voer deur­kruis. Maar vir nou is hul­le wan­der­lust vir eers ver­by en is hul­le heel ge­luk­kig in die Moot.

“Ek is baie lief vir die Moot en bly al van my ho­ër­skool­dae in Rieton­da­le.

“Die men­se is gaaf en glad nie vol pre­ten­sie nie,” ver­tel Van Di­jk­horst.

Fo­to: THEANA BREUGEM

Oud­reg­ter Kees van Di­jk­horst (81) in sy tuin in Rieton­da­le in die P­re­to­ri­a­se Moot. Sy eer­ste ro­man, Kro­niek van Don­ker­hoek, is on­langs be­kend ge­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.