Tooi Tur­koois­veld­tog gaan be­jaar­des be­derf, trak­teer

Beeld - - Tshwane Beeld - Syl­via van Zyl

Tur­koois is die kleur van om­gee, al is dit net vir ’n maand.

Die Tooi Tur­koois vir Be­jaar­des-be­wus­ma­kings­veld­tog streef daar­na om lief­de en om­gee aan be­jaar­des te toon.

Van­jaar se veld­tog duur van 15 Mei tot 15 Ju­nie wat be­te­ken dat be­jaar­des be­slis nie gaan kans kry om te sit en koud kry nie.

Vol­gens Mag­da van De­ven­ter, or­ga­ni­seer­der van die veld­tog, word daar tal­le spe­si­a­le ge­leent­he­de vir be­jaar­des aan­ge­bied.

“’n P­ret­dag by die Voor­trek­ker­mo­nu­ment, spe­si­a­le kon­ser­te by die At­ter­bu­ry-te­a­ter en ’n da­me­sog­gend­tee by die Win­ga­te Park-bui­te­klub maak als deel uit van die ma­nier waar­op P­re­to­ri­a­ners kan wys dat hul­le die ou­er per­so­ne in ons om­ge­wing raak­sien en graag iets vir hul­le wil doen,” ver­dui­de­lik Van De­ven­ter.

Daar­by word P­re­to­ria se eer­ste A­ma­zing Go Tur­quoi­se-wed­loop ook van­jaar aan­ge­bied.

P­re­to­ri­a­ners word op­ge­roep om tur­koois kle­re en strik­kies te dra en hul om­ge­wing vir die duur van die veld­tog met tur­koois te ver­sier.

“Die hoof­doel van die veld­tog is om die nood van be­jaar­des on­der die aan­dag van in­di­vi­due, ge­sin­ne, or­ga­ni­sa­sies en die sa­me­le­wing te bring so­dat hul­le kan help dat be­jaar­des met re­spek en waar­dig­heid be­han­del word en hul­le ge­sond en in vei­lig­heid kan leef,” sê Van De­ven­ter.

Le­de van die pu­bliek en or­ga­ni­sa­sies wat aan die ak­ti­wi­tei­te wil deel­neem, kan ’n e-pos stuur na in­fo@go­tur­quoi­se.co.za.

Be­soek ook go­tur­quoi­se.co.za vir meer in­lig­ting.

Die hoof­doel van die veld­tog is om die nood van be­jaar­des on­der die aan­dag van in­di­vi­due, ge­sin­ne, or­ga­ni­sa­sies en die sa­me­le­wing te bring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.