Haal a­sem en wen!

Fo­kus op die La­er­skool Hen­nops­park

Beeld - - Skolenuus Beeld -

Jaar ná jaar spring die land se bes­te re­de­naars in die ge­dug­te Su­per 12-kom­pe­ti­sie weg.

Groot moei­te word ge­doen om “Bok­kie” en haar toe­spraak tot by die kom­pe­ti­sie te kry. Seuna se ha­re word spe­si­aal vir die ge­leent­heid ge­sny, skool­skoe­ne kom diep uit die kas­te uit en die re­de­naar­per­so­neel kou hul na­els af oor gesag­heb­ben­de bron­ne en tref­fen­de in­lei­dings.

Re­de­naars, of die groot pra­ters, sê me­kaar die stryd aan in een van die straf­ste en uit­mer­ge­lend­ste kom­pe­ti­sies van die jaar. Dit sit nie in el­ke mens se broek om stok­siel­al­leen op te tree voor ’n ge­hoor van 200 men­se wat elk­een hul eie bloed­jies wil sien wen nie. Die be­oor­de­laars kyk en luis­ter na el­ke as­pek van jou toe­spraak en gee jou pun­te vir jou al­ge­me­ne voor­drag. Die groot­ste vrees, ver­al by die se­ni­ors, is dat hul­le nie “die vraag” aan die ein­de van hul toe­spraak sal kan be­ant­woord nie. Daar­aan word dag en nag ge­oe­fen.

Ná ja­re van har­de werk, aan- de van toe­spraak skryf, toe­spraak ver­an­der, stem­me weg­praat met on­voor­be­rei­de les­se en in­val­le, oe­fen­kam­pe – en Hen­nops­park het die Su­per 12re­de­naars­kom­pe­ti­sie vir 2016 ge­wen! Dit was ’n fan­tas­tie­se oom­blik vir vier toe­ge­wy­de on­der­wy­sers, ’n kul­tuur­hoof, 10 prag­ti­ge mei­sies, twee af­rig­ters en ’n gros ou­ers wat moes rond­ry en seer ke­le ge­sond kry. Die saal het weer­klink van uit­bun­di­ge uit­roe­pe deur oor­stelp­te ou­ers en on­der­wy­sers.

Hen­nops­park was die al­ge­he­le wen­ner en al het ons geen in­di­vi­du­e­le eer­ste plek ge­had nie, was ons o­ral in die eind­ron­des ver­teen­woor­dig. Dit was fan­tas­tie­se di­na­mie­se s­pan­werk! Ons span se toe­spraak­on­der­werp, “Haal a­sem en wen!” het voor­waar vir ons ge­werk.

Hen­nops­park se leer­lin­ge het ook in van­jaar se ATKV-re­de­naars­kom­pe­ti­sie die half­eind­ron­de be­reik met drie gr. 2-leer­lin­ge en vier gr. 7-mei­sies wat die wê­reld vuur­warm kan en wil praat!

Die La­er­skool Hen­nops­park is van­jaar die al­ge­he­le wen­ner in die Su­per 12­re­de­naars­kom­pe­ti­sie.

Die skool se se­ni­or­koor pres­teer ook uit­ste­kend en het aan ver­skeie fees­te, waar­on­der die Ho­ër­skool Cen­tu­ri­on­koor­fees, deel­ge­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.