Die blou golf op te­le­vi­sie

Fo­kus op die La­er­skool Hen­nops­park

Beeld - - Skolenuus Beeld -

S­joe, hoe op­win­dend!

E­ni­ge kind en ja, ook vol­was­se­ne, se droom is om da­rem net een keer sy vyf mi­nu­te van roem op die te­le­vi­sie te kan hê.

Hen­nops­park se dag­boek was om­ver­ge­gooi toe ons hoor dat die A­fri­kaan­se DStv-ka­naal, kykNET, ons vir die Top-10-sko­le­pro­gram wil kom ver­film. E­ni­ge goeie at­leet weet dat jy voor ’n groot wed­loop reg moet eet, baie slaap en dan net jou bes­te gee op die dag. So was dit dan ook vir die voor­ne­men­de ak­teurs! ’n He­le pa­vil­joen vol kin­ders was die og­gend slag­ge­reed vir die op­na­me.

Na­dat die he­mel­se slui­se die vo­ri­ge dag die wê­reld skoon ge­spoel het, het ons ge­dink dat ons oom­blik van glo­rie dalk daar­mee heen was. Die dag van die op­na­me was koel en win­de­rig, maar nie eers dit kon die op­ge­won­den­heid demp nie. 1 900 kin­ders in blou ge­klee het tjoep­stil op die pa­vil­joen ge­sit en wag om hul op­drag­te uit te voer. Die kin­ders was fan­tas­ties! Hen­nops­park is nie ver­niet be­kend as kaal­voet­land nie. Hier speel ons!

Met die rol van die eer­ste ka­me­ra en ons eer­ste groot stem­golf het ons el­ke vo­ël in Hen­nops­park ver­wil­der en let­ter­lik dui­sen­de mug­gies om ons ge­had (die mug­gies het na­tuur­lik kom hal­lo sê ná die vo­ri­ge dag se re­ën). Die blou golf was eg­ter ge­reed vir hul eer­ste groot de­buut. As die ka­me­ra­man se hand lig; gil ons, as die hand af is, was ons stil­ler as mui­se, net die mug­gies kon ge­hoor word!

Die he­le dag se ver­fil­ming was ’n groot suk­ses. Die lied­jies wat deel was van die op­na­me het per- fek by die gees van die skool ge­pas.

Da­wie van Heerden, voor­ma­li­ge hoof, het ons ge­prys oor ons goeie ma­nie­re en bui­ten­ge­wo­ne styl waar­mee ons die dag aan­ge­pak het. Die hui­di­ge skool­hoof, Jan­nie Raath, kon met trots sê dat hy voor­waar by die bes­te skool in die wê­reld werk!

Die La­er­skool Hen­nops­park was on­langs deel van die Top­10­Sko­le­pro­gram op kykNET.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.