HS P­re­to­ria­Noord op­ge­sweep

Beeld - - Skolenuus Beeld -

Die Ho­ër­skool P­re­to­ria-Noord se leer­lin­ge was som­mer heel­te­mal van hul trol­lies af met S­ko­le­nuus-Beeld en Groot FM 90.5 se on­lang­se be­soek.

Ons is weer op soek na die ho­ër- en la­er­skool in die Ja­ka­ran­da­stad met die bes­te gees en dié skool het ons be­slis nie te­leur­ge­stel nie.

Die skool het die og­gend op ’n erns­ti­ge noot be­gin deur He­mel­vaart­dag te vier. Daar­na het die pret eg­ter op ’n hoë noot af­ge­skop met ’n trol­lie­re­sies wat vir baie s­ports ge­sorg het.

As deel van die skool se lief­da­dig­heids­pro­jek het hul­le nie­be­derf­ba­re kos in­ge­sa­mel vir die Noor­der­lig-om­gee­groep wat kos en an­der be­no­digd­he­de on­der min­der­be­voor­reg­te ge­sin­ne in die om­ge­wing uit­deel.

Die op­ko­men­de san­ge­res Le­ah, wat on­langs ook ’n G­hoe­ma-toe­ken­ning ge­wen het as die bes­te nu­we­ling in die A­fri­kaan­se mu­siek­be­dryf, het as gas­kuns­te­naar op­ge­tree. Sy het die kin­ders som­mer vin­nig aan die dans ge­had en het be­slis heel­wat nu­we aan­han­gers by dié skool ge­kry.

Die Ho­ër­skool P­re­to­ria-Noord het be­slis gees!

So lyk ’n skool met G.E.E.S!

Die A­dor­ka­ble Nerds het om­trent gees ge­wys.

Die skool se hoof­lei­ers, Le­ah S­teyn en Moo­sa Ma­kuny­a­ne, ge­sels met Ru­ben Del­ma­ge van Groot FM 90.5.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.