Twee­ling stoei goue me­dal­jes los

Beeld - - Tshwane Beeld - Wil­helm de S­wardt

Die B­rey­ten­bach-twee­ling, Don­né en T­ho­mas B­rey­ten­bach van Tuk­sS­port High S­chool, se stok­perd­jie is skyn­baar om goue me­dal­jes te ver­sa­mel.

En hul­le is be­reid om hard daar­voor te “ba­klei”. Dit het baie dui­de­lik ge­word op die on­lang­se S­ta­te­bond Ju­do Kam­pi­oen­skaps­by­een­koms in Port E­li­za­beth toe al­bei goue me­dal­jes in hul on­der­skeie ge­wigs­af­de­lings ge­wen het. Net daar­na het al­bei ook goue me­dal­jes op ’n Suid-A­fri­kaan­se gra­de­rings­by­een­koms ge­wen.

Wat Don­né se ver­to­ning on­ge­loof­lik maak, is dat sy op die twee by­een­koms­te al ne­ge haar ge­veg­te met ’n ip­pon ge­wen het. ’n Ip­pon is die mak­si­mum aan­tal pun­te wat ’n ju­do­ka in ’n ge­veg kan aan­te­ken en be­te­ken ge­woon­lik dat die ju­do­ka sy teen­stan­der met ’n per­fek­te teg­niek on­kant be­trap het.

“Dit is on­ge­loof­lik om Don­né te sien veg, want sy wen die mees­te van haar ge­veg­te bin­ne 30 se­kon­des,” spog T­ho­mas oor sy sus­ter.

Hy­self het nie sleg ge­doen nie. Op die twee by­een­koms­te het hy aan agt ge­veg­te deel­ge­neem waar­van hy se­we met ’n ip­pon ge­wen het. Dit was net in die eind­ron­de van die S­ta­te­bond Kam­pi­oen­skap wat hy dit nie kon reg­kry nie.

Dié twee­ling maak geen ge­heim van die re­de vir hul suk­ses nie. Hul­le is dit eens: Was dit nie vir Ni­ko­la Fi­li­pov (Tuks/HPC), ’n voor­ma­li­ge Bul­gaar­se O­lim­pie­se ju­do­ka, nie, sou hul­le nie met so­veel self­ver­troue ge­veg het nie.

“Ni­ko­la is soos ’n twee­de ‘pa’ vir ons, we­lis­waar ’n kwaai twee­de ‘pa’,” ver­dui­de­lik Don­né.

“Hy het be­slis ’n groot rol ge- speel om my te help om die S­ta­te­bond­ti­tel te wen. My teen­stan­der in die eind­ron­de was ’n ju­do­ka van Botswa­na. Ek het nie ’n i­dee ge­had wat­ter teg­niek ek moet toe­pas om te wen nie. Dit was Ni­ko­la wat vir my ver­dui­de­lik het wat om te doen en dit het per­fek uit­ge­werk.

“Hy het ’n ma­nier om ’n ge­veg bin­ne se­kon­des op te som. Dan moet jy net luis­ter en doen .”

Vol­gens T­ho­mas is Fi­li­pov nie met min te­vre­de nie.

“Hy dryf ons el­ke dag tot die ui­ter­ste wan­neer ons oe­fen. Baie keer sal hy hard praat. Daar is dae waar ek na ’n oe­fe­ning net op die mat bly lê om­dat dit te seer is om op te staan, maar nie een van ons kla ooit nie, want daar is ’n re­de waar­om Ni­ko­la ons so hard dryf. Hy sien ons po­ten­si­aal en wil hê elk­een van ons moet dit ver­we­sen­lik.”

Die twee gr. 8-leer­lin­ge meen nog ’n re­de vir hul suk­ses is dat hul­le le­de is van die Tuks-ju­do­klub. “Dis be­slis nie nét nog ’n ju­do-klub nie. Ons is meer soos ’n fa­mi­lie wat die be­gin­sel van een vir al­mal en al­mal vir een uit­leef.” ’n Mens suk­kel nie som­mer met dié twee­ling nie . . . Don­né en T­ho­mas B­rey­ten­bach het op die on­lang­se S­ta­te­bond­ju­do­kam­pi­oen­skaps­by­een­koms in Port E­li­za­beth al­bei goue me­dal­jes in hul on­der­skeie ge­wigs­af­de­ling ge­wen.

Dit is on­ge­loof­lik om Don­né te sien veg, want sy wen die mees­te van haar ge­veg­te bin­ne 30 se­kon­des.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.