Na­ka op drum­pel van se­ge

Beeld - - Tshwane Sport - Mor­ris Gil­bert Uit­slae, soos ver­skaf deur Jo­han­na de Vos, is: Eer­stes: T­wee­des: Der­des: o.21:

Die Lu­cas S­tra­chan-skild kan reeds Sa­ter­dag ’n nu­we kam­pi­oen kry in­dien Na­ka Bul­le daar­in slaag om die eer­ste ron­de van die 2016-reeks om die Car­l­ton-be­ker met ’n se­ge oor Po­li­sie af te sluit.

Na­ka is ná sy krag­toer teen die Dra­gons die af­ge­lo­pe na­week (30-15) die voor­lo­per op die pun­te­lys met 17 en kan te­o­re­ties nog net deur Cen­tu­ri­on en Bob­bies uit die eer­ste plek ge­hou word.

Cen­tu­ri­on het sy twee­de gro­te van die sei­soen om­ge­dop deur UP-Tuks met 18-15 te klop, ter­wyl Po­li­sie na­el­skraap teen die “nu­we” Har­le­quins ge­wen het (14-13).

Cen­tu­ri­on het 14 pun­te ná vyf wed­stry­de en vol­tooi sy be­pa­lings eers op 21 Mei met die tuis­wed­stryd teen die Dra­gons.

Bob­bies is vier­de met 10 en moet sy oor­bly­wen­de twee wed­stry­de – teen Na­ka en die daar­op­vol­gen­de Sa­ter­dag teen Im­pa­la – al­bei wen om sy ti­tel as Lu­cas S­tra­chan-skild­kam­pi­oen met wel­slae te ver­de­dig.

Waar Na­ka, Cen­tu­ri­on en Bob­bies al­mal weer te­rug op die wen­pad is, gaan dit steeds broek­skeur met die ver­de­di­gen­de Car­l­ton­be­ker-kam­pi­oen, UP- Tuks, wat laas­te op die pun­te­lys is met ’n skra­le vyf pun­te ná vier wed­stry­de.

Die ne­der­laag teen Cen­tu­ri­on moes die af­rig­ters van UP-Tuks met meer vrae as ant­woor­de ge­laat het.

UP-Tuks sal in­gry­pend moet ver­be­ter om nie ook teen die Dra­gons te ver­loor nie.

Die Dra­gons het juis met sy se­ge oor Po­li­sie reeds die kop­skuif ge­maak dat selfs die tra­di­si­o­ne­le pas­aan­ge­ërs ook maar voe­te van klei het.

Har­le­quins speel die na­week teen Im­pa­la, wat twee­de op die pun­te­lys is met 15 pun­te ná vier wed­stry­de. Vir Blou Bul­klu­brug­by is dit baie goeie nuus dat Quins weer ’n fak­tor ge­word het om mee re­ke­ning te hou.

Quins se ver­to­nings teen eers Cen­tu­ri­on en toe Po­li­sie het ge­wys dat die Car­l­ton­be­ker-speel­veld só ge­lyk ge­word het dat daar nie meer spra­ke van “mak­li­ke” wed­stry­de is nie.

Gay­brin Smith, los­ska­kel van Cen­tu­ri­on, is met 63 die voor­ste pun­te­ma­ker.

Dit be­staan uit 1 drie, 8 doel­skop­pe en 14 straf­doe­le.

Na­ka Bul­le 30, Dra­gons 15; Cen­tu­ri­on 18, UP-Tuks 15; Po­li­sie 14, Har­le­quins 13.

Dra­gons 24, Na­ka Bul­le 20; Cen­tu­ri­on 27, Tuks-Fe­ze­las 20; Po­li­sie 20, Har­le­quins 13. Dra­gons 33, Na­ka Bul­le 26; Tuks-Pu­mas 48, Cen­tu­ri­on 17; Har­le­quins 22, Po­li­sie 13. Dra­gons 23, Na­ka Bul­le 19; Tuks-Jong­span 54, Cen­tu­ri­on 14; Po­li­sie 54, Har­le­quins 14.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.