Seun sien hoe jag­ter pa skiet

‘Pap­pa is dood! Pap­pa is dood!’ gil hy oor te­le­foon

Beeld - - Front Page - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Bak­kie het be­weeg toe tra­ge­die ge­beur

Slag­of­fer ‘hou sy kop vas – en toe is dit ver­by’

’N17-ja­ri­ge seun het ge­sien hoe sy pa voor hom dood­ge­skiet word in ’n jag­tra­ge­die in Lim­po­po.

’n Koe­ël uit ’n .308-jag­ge­weer het Mos­sie Mos­tert (53) deur die dak van ’n Toyo­ta Hi­lux-dub­bel­ka­juit­bak­kie in die kop ge­tref. Hy het voor in die pas­sa­sier­sit­plek ge­sit.

Die jag­tog was Sa­ter­dag by Tints­ha­ba op die Ma­se­ke-wild­plaas in die Mi­ca-ge­bied tus­sen P­ha­la­bor­wa en Hoed­spruit.

“Pap­pa is dood, Pap­pa is dood,” het ’n his­te­rie­se An­dries Mos­tert (17) hui­lend oor die te­le­foon ge­sê toe hy sy ou­er broer, Ja­co (28), wat in P­ha­la­bor­wa was, bel.

“Dit is on­werk­lik wat ge­beur het . . . ons kan dit nie glo nie,” het Ja­co ge­sê.

Vol­gens hom was sy pa al­tyd ui­ters vei­lig­heids­be­wus wan­neer hy gaan jag het.

“Daar was geen drank be­trok­ke nie en die jag­per­mit­te was in or­de.”

Mos­sie het Sa­ter­dag om­streeks 18:30 op die pas­sa­sier­sit­plek van die Toyo­ta Hi­lux-dub­bel­ka­juit­bak­kie ge­sit ter­wyl sy v­riend, Chris­to Koen, ’n pro­fes­si­o­ne­le jag­ter, die bak­kie be­stuur het.

Koen se broer, Ko­bus, ook ’n pro­fes­si­o­ne­le jag­ter, het ag­ter Mos­sie ge­sit en An­dries het ag­ter Chris­to ge­sit.

Fa­nie Fou­rie (42) van Bur­gers­fort en Ko­bus se seun, Mi­as (10), het ag­ter op die bak­kie ge­staan.

Die bak­kie het sta­dig ge­ry en glo stil­ge­hou op ’n grond­pad toe ’n trop vlak­var­ke voor hul­le in die pad was.

Die vlak­var­ke het die bos in­ge­hard­loop en die bak­kie het sta­dig vo­ren­toe ge­ry.

“Fa­nie se wa­pen was nie be­vei­lig nie, hy het glo ge­mik na ’n vark in die bos, maar sy ba­lans ver­loor en ge­strui­kel. Die skoot het af­ge­gaan en deur die bak­kie se dak ge­gaan,” het Ja­co ge­sê.

Die­self­de koe­ël wat Mos­sie in die kop ge­tref het, het in Chris­to se lin­kerk­uit op­ge­slaan.

“My pa het sy reg­ter­hand se­ker so drie se­kon­des lank op­ge­lig, sy kop vas­ge­hou en toe is dit ver­by. My broer het my pa pro­beer help, maar dit was al­les te vin­nig ver­by.”

Chris­to, wat op die Ma­se­ke-wild­re­ser­vaat bly, sê dit was ’n frats­on­ge­luk. “Ons het sta­dig ge­ry, daar was vlak­var­ke wat in die bos in­ge­hard­loop het en toe is daar net ’n groot knal. On­ge­luk­ke ge­beur mos, maar dit is baie sleg.”

Hy sê daar was nie drank be­trok­ke nie, want Fa­nie is ’n di­a­beet en mag nie al­ko­hol drink nie. Fa­nie is Mos­sie se vrou, Son­ja, se broers­kind.

Kol. Ronél Ot­to, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê Fa­nie het op die to­neel in­me­kaar­ge­sak. Hy is per am­bu­lans na die Map­hu­ta-hos­pi­taal ge­bring en is on­der po­li­sie­be­wa­king en sal op ’n aan­klag van moord in die land­dros­hof in P­ha­la­bor­wa ver­skyn wan­neer hy uit die hos­pi­taal ont­slaan word.

Die koe­ël in Chris­to se lin­kerk­uit is eer­gis­ter ver­wy­der.

Ja­co sê hy hoop die tra­ge­die maak men­se op­nuut be­wus van ge­va­re ty- dens jag­tog­te. “Maak nie saak wat nie, ’n mens skiet nie as jy ag­ter op ’n bak­kie staan nie. ’n Mens hoor el­ke jaar in die jag­sei­soen van on­ge­luk­ke, daar­om moet men­se vei­lig wees.”

Hy sê sy pa was baie lief vir die na­tuur.

“Hy was al­tyd in die bos. Ek het vre­de in my hart dat hy dood is in die bos waar­voor hy so lief was.”

Die Mos­tert-ge­sin het so­wat ’n maand ge­le­de van P­ha­la­bor­wa na Hoed­spruit ver­huis waar hul­le Lixo­tron E­lec­tri­cal & Ref­ri­ge­ra­ti­on be­gin het. Mos­sie was ’n e­lek­tri­si­ën.

Son­ja en An­dries is erg ge­skok en moes be­ra­ding ont­vang.

Ot­to sê dit is nog nie dui­de­lik wan­neer Fa­nie in die hof sal ver­skyn nie.

Mos­sie word Vry­dag 10:00 uit die NG Kerk in P­ha­la­bor­wa be­gra­we.

Fa­nie se wa­pen was nie be­vei­lig nie, hy het glo ge­mik na ’n vark in die bos, maar sy ba­lans ver­loor en ge­strui­kel. — JA­CO MOS­TERT

Chris­to Koen, ’n pro­fes­si­o­ne­le jag­ter, het die bak­kie be­stuur waar­in Mos­sie Mos­tert in ’n skie­ton­ge­luk dood is. Hy be­stuur en is self ge­wond

Fa­nie Fou­rie (42) Hy vuur skoot

Mos­sie Mos­tert (53) Hy is dood

An­dries Mos­tert (17)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.